26 April 07:54
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Nuus
Oos, wes, Bloem bes

Oos, wes, Bloemfontein bes!

Ek was onlangs in die Kaap (vir plig, maar darem ook plesier). Ek was deel van ’n groep van 150 akademici van 11 verskillende lande wat die internasionale konferensie oor nagraadse studieleiding by Spier, Stellenbosch, moes bywoon en ’n voorlegging oor navorsing lewer.

Die Maandag toe ek daar aangekom het, was blou . . . Bloubulblou. Eers kan ek nie my tas kry nie.

Daarna vergeet die hotel se vervoerdiens om my op te laai.

Die aand toe ek my selfoon wil laai, kom ek met ’n skok agter dat ek net die helfte van die selfoonlaaier ingepak het. Die kopgedeelte is nog in die muurprop by die huis . . . in Bloemfontein.

Die res van die week is hemels en die Kaap is behoorlik Hollands.

Ná die konferensie sluit my tweelingsussie, Danri, by my aan en ons kuier vir ’n paar dae by goeie vriende en oudkollegas.

Hulle bederf ons met uitstappies na ’n hele paar wynplase, ’n besoek aan die handdoekfabriek en Safari-winkel in Wellington, die Taalmonument in die Paarl, die Kompanjietuin in Kaapstad (waar ons vir die eekhorings grondboontjies voer), ’n vlooimark in Houtbaai en middagete in Kampsbaai.

Met elke besoek aan die Kaap, verloor ek my hart op Tafelberg, die Twaalf Apostels en Bloubergstrand. En Merlot.

Maar Mango bring my elke keer terug na die werklikheid.

Wanneer die vliegtuig se wiele die aanloopbaan tref, besef ek Bloemfontein is my tuiste.

Dit is hier waar ek hoort – tussen my studente, kollegas, vriende en familie.

Wie wil in elk geval twee uur lank werk toe ry, douvoordag die huis verlaat en vanaand láát by die huis kom?

Die Kaap is ’n wonderlike vakansiebestemming, maar dit is nie waar ek wil bly nie.

Ons het wel nie die berg, see of wynlande in Bloemfontein nie, maar ons het genoeg van alles. En ons het mekaar.

Vir diegene wat sê daar gebeur nooit iets in Bloemfontein nie, hou ons dop.

Op 22 April maak ons ons huis, hart en hand oop om hier, saam met honderde duisende Suid-Afrikaners, ’n nasionale biddag, onder leiding van Angus Buchan, aan te bied.

Mense van oor Suid-Afrika heen word genooi om die geleentheid by te woon – van Tzaneen tot Kaapstad, van Upington tot Durban.

Ek hoop jy is saam met my opgewonde oor hierdie groot geleentheid wat op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein gaan plaasvind.

Die grootste nasionale biddag nóg.

Dit is tyd . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.