23 Junie 22:47
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Nuus
Raak deel van NWU met goud in hand

Die Noordwes-Universiteit (NWU) bied ’n opwindende veldtog aan waarin 9 000 goue kaartjies in Volksblad en sy gemeenskapskoerante gevoeg gaan word.

Met ’n goue kaart in die hand kan voornemende studente vir verminderde studiegeld kwalifiseer. Voorwaardes is van toepassing.

Die kaartjies gaan op 24 Maart in Volksblad ingevoeg word en van 22 Maart tot 30 Maart in Kroonnuus, Express, Noordkaap, Kalahari Bulletin, Express North-ern Cape, Bloemnuus, Vista en Vrystaat Nuus/News.

Die goue kaartjies word nie in elke koerant van die drukoplaag gevoeg nie.

Die NWU sê trots dit is een van die land se voorste onderriginstansies met ’n akademiese ingesteldheid en vanselfsprekende uitsette.

Dit word beklemtoon deurdat meer as 70% van die studente in die streek die NWU bo die twee of drie ander plaaslike instellings verkies.

  • Die uniekheid van die NWU is opgesluit in: een universiteit, drie kampusse, agt fakulteite;) internasionaal erkende kwalifikasies;) ’n beroepsgerigte graad wat jou toerus om innoverend te wees;) ’n meertalige taalbeleid gerig op inklusiwiteit;) ’n unieke studentebelewenis met moderne geriewe; en ) sport- en kultuurprestasies.

Naas ’n kwalifikasie bied die NWU ’n lewenservaring wat jou toerus met leierskapsvaardighede, die vermoë om in spanne te werk, verskillende kulture te omarm en eienskappe van ’n omgee-gemeenskap aan te kweek, wat jou gesog by werknemers sal maak en jou vinnig werk sal laat kry.

Die NWU bied jou ’n ervaring en belewenis wat jou toekoms sal rig en jou altyd sal bybly. Raak nou deel van #MyNWU.

Die goue kaartjie-veldtog dien as aansporing vir voornemende studente om by die NWU navraag te doen. Dit is nie ’n voorvereiste nie.

Die kontakbesonderhede vir aansoeke is op die kaartjie, asook in NWU-advertensies wat oor die veldtog in die koerante verskyn.

Matrikulante en ander jongmense wat dit oorweeg om hulle vanaf volgende jaar as heeltydse studente by die NWU in te skryf, kan vir merietebeurse kwalifiseer. Voorwaardes is dat die student ’n gemiddeld van 75% of hoër in die gr. 12-eindeksamen behaal.

Die beurs word toegeken op grond
van ’n rekenkundige gemiddeld van die persentasie van die student se ses beste vakke, lewensoriën-
tering uitgesluit.

Die persentasie behaal in nie-aangewese vakke word egter met 10% verminder in berekening vir merietebeurse.

Studente se gemiddeld bereken per persentasie beteken:

85%-100% = 100% vermindering in klasgeld;

80%-84% = 75% vermindering; of

  • 75%-79% = 25% vermindering. Daar gaan op 23 Maart 1 600 goue kaartjies in Bloemnuus se drukoplaag ingevoeg word.

Maak seker jy kry jou goue kaart en vind
meer uit oor die akademiese beurse by die NWU.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.