Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Sakelesse . . . van ’n skilpad?

Entrepreneurs kan een ding van ’n skilpad leer: Die enigste manier hoe ’n mens vorder, is om jou nek uit te steek.

Dit is een van die sakelesse wat Brian Kally, uitvoerende hoof van Arrow Logistics en skrywer van die inspirerende outobiografie Poverty – A Mindset, eersdaags op die SakeSlim-kongres met kongresgangers wil deel.

“As ’n mens vooruitgang in die sakewêreld wil maak, moet jy bereid wees om risiko’s te neem en nuwe opsies te ondersoek,” sê Brian.

Hy praat uit ondervinding.

Toe hy in 1981 in die ouderdom van 17 moes uitspring en begin werk, het hy nie geweet dat sy eerste pos as algemene handlanger by Drakensberg Logistics daartoe sou lei dat hy eendag direkteur van die maatskappy en later uitvoerende hoof van sy eie logistieke maatskappy sou word nie.

Nadat hy 25 jaar lank vir Drakensberg Logistics gewerk het en hom intussen in die logistieke bedryf bekwaam het, het ’n geleentheid gekom om sy eie maatskappy te begin.

“Ek glo dié geleentheid het opgeduik omdat ek toegewyd was en my werketiek bewys het.”

In Julie 2006 het ’n gidsprojek ontwikkel tot sy maatskappy, Arrow Logistics, wat vandag een van die groot spelers in die vervoerbedryf is en meer as 120 mense in diens het.

Brian sê die grootste les wat hy as entrepreneur geleer het, is dat as iets die moeite werd is om te hê, is dit die moeite werd om daarvoor te veg. Sy stryd om ondanks terugslae bo uit te kom, word in sy outobiografie uitgelig.

  • “Ek moes leer om deur te druk toe die uitdagings kom. Besigheid is taai en beslis nie vir bangjanne nie. Jy moet eenvoudig weier om moed op te gee.” Sakelui wat slapelose nagte oor BTW het, moet nie die SakeSlim-kongres misloop nie.

Een van die sprekers is Werner Dreyer, direkteur van Elite Recoveries. Hy het al meer as 900 kliënte bygestaan met ’n intensiewe herwinning van BTW wat nie geëis is nie.

  • “Ons sagteware-program bestudeer ’n onderneming se finansiële transaksies oor die afgelope vyf jaar en help bevestig dat al die BTW geëis is en finansiële stelsels korrek is,” verduidelik Werner. Die SakeSlim-kongres by Summerwood net buite Bloemfontein word op 23 Maart van 12:00 tot 17:00 ten bate van Volksblad se Ons gee om-fonds aangebied. Kaartjies kos R200.

Bespreek jou plek deur Ebeth Wilson van Jenwil by 051-447-0463 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.