26 Maart 03:36
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Nuus
Skrywers kan ook talent wys

Die Vrystaatse Kunswedstryd is om die draai en om seker te maak dat voornemende kandidate in Mei deelneem, moet alle inskrywings op die laatste teen Vrydag (17/03) ingedien word.

Geen laat inskrywings word aanvaar nie, sê Kobie Colditz, voorsitter van die Vrystaatse Kunswedstryd-vereniging.

Dié tweejaarlikse kunswedstryd in Bloemfontein bied vanjaar die eerste keer aan skrywers die geleentheid om hul talent te wys.

Deelname geskied aanlyn en word deur prof. Hennie van Coller en dr. Anthea van Jaarsveld van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beoordeel. Nog ’n nuwe afdeling is voordrag en toneel vir gr. O-leerlinge.

Musiek bestaan weer uit verskeie afdelings.

Sangers kry van 10 tot 12 Mei in die skoolsaal van Grey-kollege (primêr) kans om hul slag te wys.

Ligte musiek is van 15 tot 19 Mei in Grey se skoolsaal, senior klavier van 22 tot 24 Mei en junior klavier van 24 tot 26 Mei in die St. Michael-kapel. Orkesinstrumente is van 15 tot 19 Mei in die Musiconsaal en orreliste speel op 24 Mei in die Odeion.

Voordrag en toneel word van 22 tot 26 Mei in die skoolsale van die Laerskool Brandwag en die St. Michael-skool beoordeel.

Net een beoordelaar is vanjaar nie van buite die Vrystaat nie. Hul afdelings is soos volg: senior klavier en orrel – Liezl-Maret Jacobs van Durban; junior klavier – Gisela Scriba van Pretoria; vokaal – Junita van Dijk Lamprecht van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth; instrumentaal (ligte musiek) – Marga Sander van Pretoria; sang (ligte musiek) – Surita Swanepoel van Bloemfontein; koper- en houtblasers (orkesinstrumente) – Kobus Groenewald van die Pro Arte-kunsteskool in Pretoria; strykers – Johanna Roos van Pretoria.

Cecilia Cillié en Eunice Stry­dom beoordeel alle voordrag en toneel.

Cillié is sedert 1984 by drama-afrigting betrokke en het vyf drama-ateljees aan die Oos-Rand.

Sy rig ook redenaars af en is ’n beoordelaar vir redenaars, vertolkingskuns, modelwerk en die uitvoerende kunste in Namibië.

Strydom, ’n oudleerling aan die Eunice High School in Bloemfontein, het ’n private dramaskool in Johannesburg, is betrokke by die Spraak- en Dramakollege (SA) as eksaminator en moderator en bied ook stemopleiding aan. Sy is ingeskryf vir ’n doktorsgraad in drama aan die UV.

Handboeke kos R50 by M&M Boekhandel en DV Village.

Inligting oor die kunswedstryd verskyn op sy nuwe Facebook-blad en ook op die webwerf www. kunswedstryd.org.za. Stuur navrae na info@kunswedstryd.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.