23 Junie 19:24
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Nuus
Span kraai koning

Die Laerskool Olympia in Heidedal se o.13-seunshokkiespan kan nie uitgepraat raak nie.

Hulle het sowaar in hul afdeling van vanjaar se Elsie Coetzer-hokkieskooltoernooi koning gekraai.

Dié toernooi, wat van 8 tot 12 April in Bloemfontein gehou is, het altesaam 2 000 leerlinge van 102 spanne van oor die land heen getrek.

Eunice High School, die Hoër Meisieskool Oranje, Grey-kollege en die Martie du Plessis-skool se hokkievelde is vir dié toernooi ingespan.

Volgens Elsie Coetzer van die Elsie Coetzer-hokkieskool (ECHS) is die doel van dié toernooi, wat vanjaar die 24ste keer gehou is, om leerlinge op die nuwe seisoen voor te berei.

“Nie bloot in vaardigheid nie, maar ook met geestelike en emosionele ontwikkeling.”

Dit is juis by haar dat die Olympia-spanne drie keer ’n week kom oefen. Daarom weet sy hoe ’n groot prestasie die o.13-span se oorwinning is.

Dié skool het geen hokkie­geriewe nie en beperkte toerusting.

“Hulle oefen op ’n halwe tennisbaan,” sê Lize Marie Pieterse, ’n gr. 2-onderwyser en hokkieafrigter by Olympia.

“Maar die kinders het ’n ongelooflike groot talent en passie vir dié sport. Hulle is bitter vinnig en tel vaardighede maklik op. Dit kom vir hulle natuurlik. Hulle lees die spel uitstekend en oefen natuurlik baie hard. Dit is hul lewe. Voor skool, ná skool, tydens skool – hulle het die heeltyd ’n hokkiestok in die hand.”

Oor drie jaar het die ECHS gehelp om die skool se spanne te slyp en 11 Suid-Vrystaatse spelers en twee o.14-Vrystaatspelers uit die Laerskool Olympia te lewer.

“Dit is ongelooflik,” sê Pieterse. “Mense verwag dit nie van ons skooltjie nie. Tog bou ons met dié sport vir hulle ’n toekoms. Dit skep ’n gevoel van trots en bou hul selfvertroue en veggees.”

In dié toernooi het Olympia se o.13-span vyf wedstryde gewen en een gelykop gespeel om vir die eindstryd vir seuns o.14 te kwalifiseer.

’n Naelbytstryd teen die ECHS se A-span het Olympia met 1-0 laat koning kraai.

“Olympia se spelers kan maklik mismoedig raak as hulle die toerusting en geriewe sien wat ander spanne kan benut. Tog wys dié toernooi dat hulle wenners is,” sê Pieterse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.