26 Julie 16:49
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Nuus
Speke sing lied van die Evangelie

Hulle is toegewyd tot ’n nul. ’n Ronde nul.

“Mense moet oor die wêreld heen soek, en hulle moet geen groep kry wat nog nie deur die Evangelie bereik is nie,” sê Willem Lategan, uitvoerende hoof en welvaartbestuurder van RiG-adviesdienste in Bloemfontein.

Op die skerm agter hom leef foto’s van sy uitreike na Lesotho en Noord-Afrika. Statistieke van die getal onbereikte volkegroepe in die wêreld – ongeveer 1 671 – beklemtoon die dringendheid in sy stem.

“Die Evangelie moet aan elke stam en elke volk verkondig word. Jesus se laaste opdrag, Sy laaste woorde, moet ons grootste verantwoordelikheid en grootste voorkeur wees.”

Juis daarom het Willem en sy vrou, Carin, ’n belofte gemaak om die Evangelie na ’n volkegroep op ’n eiland aan die kus van Noord-Afrika te neem.

Dié eiland*, met ongeveer 200 000 mense, het slegs ’n halwe persent geheime gelowiges. Daar is nie ’n Bybel in hul taal nie, ook geen Jesus-film nie.

“Hierdie mense het geen lewendige getuienis van die Evangelie nie, geen benul van wat Jesus vir hulle kom doen het nie,” sê Willem.

Om ’n volk vir Christus te bereik, is nie goedkoop nie – maar hy meen hulle rus in die wete dat God in beheer is.

Om geld vir dié projek in te samel, het hulle by die 36ONE-bergfietswedren in Oudtshoorn betrokke geraak.

“Ons pak hierdie wedren aan om die sirkel van ons belofte te voltooi,” sê Willem.

Dié wedren, wat oor ’n volle 361 km en 360 grade strek, moet binne 36 uur voltooi word. Dit vind van Vrydagaand (21/04) tot Sondagoggend (23/04) plaas, en begin en eindig op die Kleinplaas-vakansieoord.

Willem het die Leave a Lasting Legacy-veldtog begin en spanne vir die wedren ingeskryf.

Wat as ’n skamele drie spanne begin het, het later tot ’n groep van 51 ryers gegroei wat hulle almal daartoe verbind het om vir dié rede te ry. Altesaam 25 is van Bloemfontein. Die ryers gaan geborg word vir elke kilometer wat hulle aflê.

Willem self gaan ook sy speke laat sing, maar Carin moes weens ’n gebreekte sleutelbeen haar inskrywing onttrek.

“Selfs alledaagse aktiwiteite soos fietsry kan gebruik word om die Koninkryk uit te brei,” voeg Carin by. “Deur saam te trap, belê dié ryers in die toekoms van ’n klein eilandjie aan die kus van Noord-Afrika. Hulle trap so te sê die Evangelie na die uithoeke van die wêreld toe.”

Willem skud sy kop. “Niemand het ooit gesê hierdie ding gaan maklik wees nie. Maar die moeite werd? Beslis.

  • Die eiland se naam is weens veiligheidsredes weerhou.
  • Kontak 086-1221-777 of besoek www.leavealastinglegacy.org vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.