21 Augustus 08:41
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Nuus
Varsitybeker gee blik op toekoms

Toe Franco Smith in 2014 ná sewe jaar by die Italiaanse klubspan Treviso na Bloemfontein teruggekeer het, was hy nie heeltemal seker hoe en waar die volgende hoofstuk in sy afrigtingsloopbaan sou begin nie.

Toe die Universiteit van die Vrystaat (UV) hom dus gevra het om die leisels van sy Varsitybeker-span, Shimlas, vir sy 2015-veldtog te neem, het Smith nie gehuiwer nie.

Vir die kans om die lesse wat hy as speler en afrigter in Suid-Afrika geleer het, te kombineer met dié van die Noordelike Halfrond en jong mans se talente te help slyp, kon hy nie nee sê nie.

Dit is ’n jawoord wat Smith nooit sal berou nie.

Die nuwe idees en energie wat hy elke dag saam met sy fluitjie na Shimlas se oefensessies geneem het, het hom in die volgende twee jaar die Varsitybeker én Curriebeker sien vashou.

Die afgelope week was hy weer, soos in sy speeldae, in ’n Springbok-sweetpak.

Die besluit om sy hand aan Varsitybeker-rugby te waag, het hom in die vinnige baan gesit.

“Dit was ’n groot geleentheid toe die Shimlas kom vra het ek moet betrokke raak, want ek het geweet die gehalte van die kompetisie sou groot eise aan my stel.

“Dit was beslis ’n afrigtingspos soos min ander, want die verskillende reëls in die kompetisie het beteken ons moes almal anders dink.

“Met die taktiese breuke in die middel van die helftes kon ’n mens ook in ’n wedstryd ’n bietjie afrig,” sê Smith terwyl hy aan sy jaar as Shimlas-afrigter terugdink.

Aan die einde van die 2015-reeks was Smith ook die afrigter van die Varsitybeker-droomspan wat teen die Junior Bokkies gespeel het, voordat hy as die Cheetahs se hoofafrigter aangestel is en ’n rits van die studente wat pas Varsitybeker-glorie geproe het, na Curriebeker-vlak opgetrek het.

“Dit was jong outjies wat net wou leer en beter raak.

“Ouer spelers het soms ou gewoontes wat hulle moeilik afleer, en dit raak vanselfsprekend ’n negatiewe. Vir my het dit die kans gebied om Vrystaat-rugby te vernuwe met ouens wat nog bereid was om te leer.”

Die grootste verskil wat Smith die afgelope twee jaar in Vrystaat-rugby gemaak het, is om met ’n oper, vinniger wedstrydplan spelers se vaardighede op te skerp.

Die gebrekkige vaardighede wat talle spelers en spanne deesdae kniehalter, is ’n kwaal wat op skoolvlak begin, sê hy.

“Wen is in te veel gevalle die belangrikste ding, en terwyl ek saamstem dat wen saakmaak, het patrone vaardighede begin oorheers.

“Goeie besluitneming op die veld het ook in die slag gebly. ’n Goeie speler dink wat hy met die bal gaan doen, eerder as hoe hy dit gaan kry, en dié denkwyse moet verander.

“Darem dink ons as Superrugby-afrigters nou dieselfde oor hoe ons rugby gaan benader en spelers gaan verbeter.

“Dit is nie ’n oornagproses nie, maar as ons geduldig is, soos Nieu-Seeland toe hulle ’n paar jaar gelede besluit het om hul manier van doen te verander, kan ons die vrugte pluk.”

Vanjaar se Varsitybeker-eindstryd vind op 17 April plaas en die Droomspan sal die Junior Bokkies op 25 April pak. Dit is ’n wedstryd, sê Smith, wat hy graag sal wil bywoon, want dit bied ’n blik op die toekoms.

“Die outjies wat in daardie wedstryd gaan speel, is die geslag wat ons vaandel by die Wêreldbeker van 2023 gaan dra. Ons kan nie ná die volgende Wêreldbeker weer by nul begin en sê nou bou ons vir 2023 nie; ons moet dit nou reeds doen.

“Dit is een van die dinge wat die Varsitybeker so waardevol maak: Dit gee ons ’n blik op die toekoms.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloemnuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.