27 April 20:49
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Nuus
Verkoop voor koue van winter tande inslaan

Met die temperatuur wat bo 30°C styg en voornemende kopers wat in warm motors rondry om na skouhuise te kyk, is ’n koel huis wat “somer-gereed” is beslis ’n trekpleister vir verkopers.

“Somer is ’n puik tyd om te verkoop,” sê Gerhard Kotzé, besturende direkteur van die Realnet-eiendomsagentskapgroep.

Tuine en buitelug-gebiede is gewoonlik ook op hul beste hierdie tyd van die jaar.

“Die hitte kan egter ook beteken dat mense nie so gretig is om uit te gaan om huise te kyk nie, of teensinnig is om lank te bly. Juis daarom is dit raadsaam om skouhuise in te klee om dit so aanloklik as moontlik vir voornemende verkopers te maak.”

Teen hierdie agtergrond het Kotzé die volgende wenke wat verkopers sal help om enige huis in ’n oase te omskep wat voornemende kopers langer sal laat talm, rondkyk en hopelik ’n aanbod maak:

  • Indien jy tyd het, verf jou huis binne en buite in wit of ’n ligte neutrale skakering en laat enige houtwerk poleer of vernis.
  • Verwyder enigiets wat onmiddellik sê “winter”, byvoorbeeld verwarmers, swaar gordyne of warm dekens of komberse wat oor beddens en banke gegooi is. Indien daar ’n kaggel is, versier dit met somerblomme of -plante.) Oorweeg dit om enige los matte op te rol en weg te bêre sodat jou vars gepoleerde houtvloere of koel teëls tot hul volle reg kan kom.) Wees meedoënloos met die onbelemmering van oppervlakke, en moenie oorboord gaan met seisoenale versierings wat vertrekke kleiner en warmer kan laat voel nie.) As jy ’n ruk lank nie jou plafonwaaiers of lugversorging gebruik het nie, maak die lugopeninge en filters deeglik skoon sodat jy die toestelle kan aanskakel wanneer jy weet voornemende kopers is op pad.) As jy nie lugversorging het nie, maak die vensters en deure aan die koeler kant van die huis oop om die bries te laat inkom, en maak seker dat alle gordyne oop is om soveel lig as moontlik in te laat.) As jy ’n onthaalgebied buite het, maak seker dit lyk skoon en netjies en gereed om te gebruik. ) Les bes, om van jou huis ’n “moet-sien” in advertensies te maak, dring aan op professionele gehalte-foto’s van al die gebiede wat jy ingeklee het. Maak ook seker dat al die besonderhede omtrent die huis wat gepubliseer word, korrek is.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.