Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Klerewinkel oordag beroof

’n Klerewinkel is die afgelope naweek helder oordag tydens ’n gewapende rooftog beroof en die rowers het met ’n onbekende som geld op die vlug geslaan.

Die voorval het Saterdag 4 Maart omstreeks 14:50 gebeur by Jet in Birdstraat. Volgens Natalie Martin, woordvoerder van die Stellenbosch-polisiekantoor, was een van die werkers besig om ’n klant te help toe ’n onbekende man ’n vuurwapen uitgepluk het en dit op haar gerig het.

“Die rower het opdrag gegee om die geld uit die kasregister te haal en dit aan hom te oorhandig. Hy het haar verder aangesê om ook die geld van die ander kasregister uit te haal en aan hom te oorhandig. Die man het die geld in ’n toiletsak geplaas en die vrou met die vuurwapen in haar ribbes geslaan omdat sy gesukkel het om die kasregister oop te maak.” Sy het gesê daar was ook nog twee ander rowers saam tydens die voorval.

By navraag wou die Jet personeel nie met Eikestadnuus praat nie.

Martin vertel nadat die rowers die geld geroof het, het die drie die werkers gesê om agter in die winkel te gaan. “Hulle is ook daar weg met een van die werkers se selfone.”

Sy het gesê geen skote is afgevuur en niemand is beseer nie. Enigiemand met inligting kan die Stellenbosch-speurdiens by 021 809 9140/5 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.