Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Selfdood onder die vergrootglas

Is jy ’n kenner van depressie en selfdood, ’n ouer of individu wat al persoonlik daardeur geraak is en meen jy jy kan met jou ervaring ander mense help?

Die Eugène Marais Stigting in die Paarl soek na individue, professioneel of enigeen wat deur hierdie siekte se trauma geraak is, om deel te neem aan ’n seminaar oor depressie en selfdood.

Die dagseminaar hieroor, met ’n terugvoeringsessie die aand wat deur enigeen bygewoon kan word, word beplan vir Woensdag 29 Maart by die Eugène Marais-kampus in Rozenfonteinsteeg 3 in die Paarl. Marais was in 1887 in die geboue op hierdie terrein in matriek en was ’n depressielyer wat homself op 29 Maart 1936 om die lewe gebring het.

Hierdie aanbieding vorm deel van die Stigting se doelstellings. Die doelstellings behels onder meer dat, om met verwysing na die nagenoeg 40 temas waarby Marais in sy lewe betrokke was, die gerestoureer-de koshuisgebou op die kampus te ge-bruik om openbare tafelgesprekke en se-minare met genooide kundiges te reël en te fasiliteer waar nuwe insigte en pers-pektiewe ontgin kan word oor aktuele onderwerpe.

Hierdie voldag seminaar is ’n eerste proeflopie met selfdood as die tema, met die fokus op skoolverlaters/jongmense. Die dag word geborg deur Drakenstein-munisipaliteit. Indien jy graag wil deel-neem, bel vir dr. Niel du Toit, voorsitter van die Stigting en koördineerder van die seminaar, by 021 8724634, 082 556 7562 of nieldutoit@eugene-marais.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.