27 Maart 00:49
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Nuus
Waterbronne se beskerming ’n prioriteit

Met die voortgesette droogte wat in die Wes-Kaap heers, is dit kritiek belangrik dat waterbronne beskerm word. Indringerplante bedreig die watersekuriteit, ekologiese funksionering en het ’n negatiewe impak op landbou, omdat dit die produktiewe gebruik van grond beïnvloed. Die impak van indringerplante op die ekonomie van Suid-Afrika beloop elke jaar miljarde rande en is die grootste bedreiging vir die land se biologiese diversiteit.

Om die negatiewe impak van indringerplante te verminder het die Weskus Distriksmunisipaliteit in vennootskap met Werk vir Water ’n projek in die Weskus van stapel gestuur. Hierdie projek, waarby 33 begunstigdes baat vind, fokus op die verwydering van indringerplante wat die area se natuurlike waterbronne bedreig. Die veldwerkers ontvang opleiding om verskeie metodes aan te wend om indringerplantegroei te beheer.

Die projek fokus op die verwydering en beheer van indringerplante op die oewers van die Bergrivier.

Volgens Charles Malherbe, Hoofom-gewingsbestuursbeampte by Weskus Distriksmunisipaliteit, is die projek ’n reuse-sukses.

“Die projek maak ’n positiewe bydrae tot die vermindering van indringerplantegroei, skep werksgeleenthede, verlaag die brandbare materiaal wat bydra tot beter beheer indien daar ’n brand sou ontstaan en maak ook ’n belangrike bydrae tot klimaatsverandering in die algemeen,” het Malherbe gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.