29 Mei 07:55
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nuus
Psigiater bepaal of verkragter pedofiel is

Die verkragtingsaak teen Vernon Volschenk (76) is verlede Woensdag tot 21 Desember uitgestel.

’n Psigiatriese verslag, saamgestel deur ’n forensiese kliniese psigiater van die departement korrektiewe dienste, Willie Hanekom, is tydens verlede week se verhoor ingedien ná Hanekom se evaluasie van Volschenk op 11 November.

Streekslanddros Francine Mouton het die evaluasie by Volschenk se verhoor in November aangevra om te bepaal of hy ’n pedofiel is.

Die verslag sal nou deur sy prokureur, William Fullard, sowel as die staat, bestudeer word en op 21 Desember aan die hof voorgelê word.

Volschenk, ’n inwoner van Strand wat skoolkinders vervoer het, het op 24 Maart skuld erken op die verkragting van ’n sesjarige meisie. Hy het erken dat hy haar op 23 Augustus 2015 seksueel misbruik het.

Die voorval het in sy woonstel plaasgevind. Die kind se ma het op haar dogter en Volschenk afgekom terwyl die meisie se onderklere afgetrek was.

Volschenk het ook skuld erken op die besit van pornografiese foto’s van die meisie nadat 176 foto’s op sy kamera en sy selfoon gekry is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.