17 Januarie 08:46
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

25°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

24°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Donderdag

21°C / 17°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Vrydag

21°C / 17°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Saterdag

23°C / 17°C

Wind 38km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Sondag

23°C / 18°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Nuus
Snelweg lewensgevaarlik vir leerders, oplossing lê by owerhede

Die veiligheid van leerders wat die N2-snelweg moet oorsteek na en van skole in De Beerslaan, Somerset-Wes, is weer in die kollig nadat ’n kind verlede week deur ’n motor op dié gevaarlike stuk pad raakgery is.

Shanique de Wee (7), ’n leerder aan die Danie Ackermann Primêre Skool, is in die Rooikruis-kinderhospitaal opgeneem nadat sy ernstig beseer is.

Haar pa, Riaan Delo van Garden Village, vertel dat sy dogter voor die ongeluk, Woensdagoggend omstreeks 07:30, saam met haar ma op pad skool toe was om haar rapport te gaan haal.

“Sharon het haar hand vasgehou toe hulle die N2 oorsteek en sy deur die motor getref is,” sê Delo.

Hy vertel voorts dat De Wee, wat tydens die ongeluk ernstige kop-beserings opgedoen het, na die Helderberg-hospitaal vervoer is. Sy is later oorgeplaas na die Rooikruis-kinderhospitaal waar sy weens swelling van en bloeding op die brein onder ’n medies-geïnduseerde koma geplaas is.

Delo sê die klein vegter toon wel verbetering en sy het Dinsdag haar arms beweeg.

Die probleem is op verskeie geleenthede by die Stad Kaapstad asook die departement van vervoer en openbare werke aangemeld met die hoop op ’n moontlike oplossing. Die konstruksie van ’n voetbrug of duikweg is ook aangevra.

’n Hoogs ontstelde Delo het sy misnoeë uitgespreek oor owerhede wat versuim om die veiligheid van talle leerders en kinders – wat daagliks hul lewens moet waag deur die besige snelweg tussen De Beerslaan en Victoriastraat oor te steek – te verseker.

“Hulle sukkel al vir jare om ’n voetbrug oor die N2 aan te bring en intussen is ons kinders se veiligheid op die spel,” meen Delo.

Danie Ackermann Primêre Skool se skoolhoof, Hein Swart, het sy ongelukkigheid uitgespreek.

Swart sê dis ontsettend gevaarlik vir leerders om die N2 oor te steek, gegewe die verkeersvolume tydens spitstye, en hy is op van al die “flou verskonings”.

“Ons kinders is lopende teikens vir motors op die snelweg,” meen Swart, wat die konstruksie van ’n voetbrug of duikweg sal verwelkom.

Die burgemeesterslid vir vervoer van die stad Kaapstad, raadslid Brett Herron, het in die lig van die ongeluk herhaal dat die moontlike konstruksie van die voetbrug ondersoek word.

Herron het verduidelik dat die ondersoek, om vas te stel of ’n voetbrug wel nodig is deur te bepaal hoeveel leerders daagliks die N2 oorsteek en waar hulle dit doen, maande kan neem.

Intussen stel hy voor dat leerders eerder die oorgang oor die N2 by Victoriastraat moet gebruik.

Geen kommentaar kon teen druktyd by die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke verkry word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.