28 Februarie 16:50
Kaapstad Verander Area

Woensdag

23°C / 17°C

Wind 31km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Donderdag

23°C / 17°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Vrydag

20°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Sondag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 74%

Maandag

22°C / 16°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Nuus
Stresvolle werk het haar saggeaarde seun geknak

Haar sagmoedige reus van ’n seun is deur ’n stresvolle werkomgewing geknak, sê Heidi Weeks, ’n enkelouer van Somerset-Wes.

Haar 21-jarige seun, Richard, het hom die afgelope Dinsdag te pletter geval van Tafelberg. Hy het by ’n uitkykpunt op Tafelberg, waar hy en sy ma al “gelukkige oomblikke” gehad het, gesit.

Om 11:33 het hy die volgende teksboodskap aan sy ma en vriende gestuur:

“My naam is Richard Neil Weeks, die kind van Heidi Weeks en Neil Olivier. Ek het gesterf op my eie terme, in stede om op elke ander s’n te leef. Ek is nie trots op wat ek gedoen het nie en ek is opreg jammer vir diegene wie ek agterlaat. Ek hoop dat julle vergifnis in jul harte sal vind vir my optrede.”

Om 11:35 het iemand hom glo sien val – 150 m ver.

Sy lyk is later deur die reddingsdienste naby die gewilde Platteklip-wandelpad gevind.

Weeks sê toe sy Richard se boodskap kry het sy “net geweet”. Hy het dit gedoen. Selfdood gepleeg.

“Ek het eers gedink dat hy by Steenbrasdam buite Gordonsbaai gespring het. Toe hoor ek later die nuusberigte van iemand wat op Tafelberg na sy dood geval het. Dit is die plek waar Richard en ek ons happy moments gehad het, waar hy sy 20ste verjaardag gevier het.”

Die afgelope 21 jaar was dit net sy en haar blondekop Richard. Die twee was baie gelukkig in hul huis langs die Lourensrivier, in die Bridgewater-buurt. Hulle het drie jaar gelede uit Krugersdorp hierheen verhuis. Hulle het “al oral gebly”.

Oor elf dae sou Richard 22 word en drie dae daarna sou hulle twee, soos altyd, Kersfees saam vier. Met baie kerse.

Richard het by ’n maatskappy wat sagteware ontwikkel, gewerk. “’n Stresvolle werk,” sê Weeks. “Haar Richard was ’n whizz kid, ’n rekenaar-foendie, die volgende Elon Musk, Bill Gates.”

“Hy het al geld verdien met sy rekenaar sedert 14-jarige ouderdom. Op 19 het hy saam met my al ’n huis besit en vir hom later ’n BMW gekoop.

“Hy was ’n seun van ses voet vyf. Plat op die aarde, ’n liefdevolle en sagmoedige reus.

“Sy pa het ons gelos terwyl ek swanger was met Richard. Toe onlangs ontdek Richard sy pa se foto’s op Facebook, mét kinders.

“Dit het hom opgekou.

“Ek is bitter spyt dat ek nie Richard se stilte die afgelope Maandag raakgesien het nie.

“Ons huishulp, Tendai Nyadete, het Richard se dood moeilik verwerk. Sy worshond Toffee is ook in ’n toestand,” sê Weeks.

“Richard het voorverlede Vrydag verneem dat hy die volgende Woensdag ’n werk-evaluasie sou kry. Ek glo dit moes hom baie gestres het . . .”

Sy was die afgelope week by Richard se werkgewer met ’n hoop vrae.

“Hulle het gesê hulle het dit volgens die handboek gedoen. Ek het hulle gevra: Waar is die menslike element, opleiding, meelewendheid? ’n 21-jarige is deur sy werk gebreek.

“Ek wil regtig hê dat mense weet daar is geen skande in wat Richard gedoen het nie. As sy storie selfs een persoon kan keer om dieselfde ding te doen, sal dit die moeite en die hartseer werd wees.

“Te veel mense dink dat dit swak of verkeerd is om hulp te vra en om te sê dat hulle verdrink en nie kan cope nie”.

Richard se lewe is gister (Woensdag) in die Manor House op die Lourensford-landgoed buite Somerset-Wes tydens ’n diens gedenk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.