29 Mei 07:57
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nuus
Twee kinders uit motor geslinger

’n Vyfjarige seun is Saterdag in die Rooikruis-kinderhospitaal opgeneem ná hy ernstig beseer is in ’n botsing op die N2 in die Gordonsbaai-omgewing.

Die seun en sy sussie (3), passasiers in ’n Ford Laser, is albei uit die motor geslinger gedurende die botsing met ’n Suzuki Jimny by die N2/Firlands-vulstasie-aansluiting.

Die kinders se pa, Benson Mphande (39) van Asanda Village, wat die motor bestuur het en ’n derde passasier, sy swaer, was ongedeerd.

Volgens ooggetuies het die botsing omstreeks 09:10 plaasgevind.

Die Suzuki, wat ’n sleepwaentjie getrek het, het in die rigting van Somerset-Wes gery en die Ford Laser in die teenoorgestelde rigting.

’n Ooggetuie sê die Ford Laser het by die Firlands-vulstasie ingedraai toe die Suzuki teen die agterkant van die motor gebots het.

Die trefkrag van die botsing het die Suzuki op sy dak laat beland.

Die bestuurder (40) en vrouepassasier (17) het daarin geslaag om self uit die voertuig te klim.

Met DistriksPos se aankoms op die toneel het paramedici die skreeuende seun behandel waar hy op ’n graswal langs die vulstasie gelê het. ’n Huilende Mphande het op die pad, langs sy motor, gesit.

Volgens ER24-woordvoerder, Chitra Bodasing-Harduth, het die insittendes van die Suzuki geringe beserings opgedoen.

“Die seun is vermoedelik uit die motor geslinger en is ernstig beseer. Die meisie het matige beserings opgedoen en hul pa was ongedeerd,” het Bodasing-Harduth gesê.

Volgens Mphande is albei kinders uit die motor geslinger. Hy sê sy dogter is dieselfde dag uit die Helderberg-hospitaal ontslaan, maar sy seun is steeds in die Rooikruis-kinderhospitaal.

Woordvoerder vir die Rooikruis Kinderhospitaal, Angelique Jordaan, sê die seun is met ernstge kopbeserings in die hospitaal opgeneem, maar dat sy toestand stabiel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.