21 Julie 12:35
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Nuus
AWSS soek nou getuies
Rocket die hoender by sy nuwe tuiste.

As jy gesien het wat op Saterdag 18 Februarie met die hoender by Helshoogte-koshuis se Hoenderdag-vieringe gebeur het, het Stellenbosch se Dierewelsyn (AWSS) jou hulp nodig.

AWSS het reeds ’n saak van dieremishandeling teen die individu wat die hoender drank en sigarette gevoer het aanhangig gemaak. Nou benodig hulle ooggetuies om hulle te vertel wat presies gebeur het.

In ’n omstrede video wat ná die insident op sosiale media versprei is, het ’n jong man die hoender drank en sigaret gevoer voordat hy hom in die lug gegooi het.

Sowel Helshoogte-koshuis as Universiteit Stellenbosch het ontken dat dié man enige verbintenis met hulle het, maar het die insident sterk veroordeel.

Volgens Jessica Perrins van AWSS gaan dit goed met die hoender, wat sedertdien by een van AWSS se pleegouers versorg word.

“Hy word nou Rocket genoem en bly in ’n lieflike tuin met ’n hok waarin hy in die aande kan slaap. Hy het ’n hen waaroor hy mal is en wat op die oomblik besig is om te broei. Rocket is baie ernstig oor sy rol as haan.”

Enige iemand wat meer inligting het oor wat gedurende die insident gebeur het, kan Jessica Perrins kontak by 071 442 4215 of fundraiser@awss.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.