26 Junie 19:10
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nuus
Cloetesville se eie Emo nou internet-sensasie

Hy het oornag ’n Internet-sensasie geword toe hy saam met sy held die verhoog gedeel het.

Dié video van Robin Wyngaardt (12) van Cloetesville waar hy Sondag 12 Maart saam met Emo Adams die US Woordfees-verhoog aan die brand dans, is op Facebook gelaai en binne twee dae meer as 1 400 keer gedeel en 45 000 keer gekyk.

Almal wat vir Robin ken, weet hy’s die grootste Emo-aanhanger.

“’n Maatjie by die skool het my verlede week gevra of ek weet Emo gaan by die Woordfees optree. Ek het dadelik geweet ek moet daar wees.

“Ek hou van al sy songs, maar my gunsteling is Lippe Klap en dan is hy ook ’n baie goeie danser. Ek beskou my beslis as een van sy grootste aanhangers,” sê Robin met ’n groot glimlag.

Nes sy held, het Robin ook ’n groot passie vir die verhoog. Hy sing en dans graag by feeste oor die hele Kaapse wynland. “Ek geniet dit om op te tree, maar dis altyd spesiaal as ek die geleentheid kry om op dieselfde verhoog as Emo te wees.

“As Emo optree, sorg ek altyd dat ek reg voor staan en dan dans ek my hart uit. Dié keer het hy my tussen die skare raakgesien en na die verhoog genooi.”

Robin spog dat dit nie sy eerste keer saam met Emo op die verhoog was nie. “Ek onthou vaagweg hoe ek as vierjarige ook saam met hom op die verhoog was. Dié oomblikke is altyd vir my spesiaal.”

Hy is gebore vir die verhoog, maar erken dit kos harde werk om elke optrede seepglad te laat verloop. “Om te sing en dans is ’n talent wat ek ten volle moet gebruik. As ek lus is vir sing is daar geen keer aan my nie. Die dans het nie so maklik gekom nie. Ek het basies myself geleer dans en die meeste van my moves by my suster gekry.”

Robin, wat ook ’n kranige rugbyspeler is, sê sy droom is om eendag ’n singende rugbyspeler te word.

Volgens Robin se ma, Bernadine, wou haar seun sy hele lewe lank sing.

“Dit was altyd sy droom om op die verhoog te wees en om dít saam met Emo te doen is ’n kans in ’n leeftyd.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.