21 Julie 12:31
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Nuus
Gee om die regte redes

Met Mandeladag net om die draai is talle gemeenskappe, organisasies en openbare instellings daarop ingestel om vir 67 minute iets goeds aan ander te doen.

Dat daar baie geleenthede is om uit te reik en an die minderbevoorregtes iets spesiaals te bied, is beslis so.

En iets spesiaals hoef nie noodwendig iets groots of van groot geldwaarde te wees nie.

Vir mense wat min of niks het nie, is selfs iets kleins vir hulle ’n groot geskenk. Net ’n koppie koffie, ’n (ou) warm trui of baadjie en selfs net ’n vriendelike groet, kan hul dag opkikker.

Honderde mense op die dorp en in die omgewing gaan daagliks met honger mae bed toe. Kinders loop kaalvoet en met net die nodigste klere skool toe in die koue, nat winter. En hulle hou aan, of byt vas soos die geykte uitdrukking lui.

Op die sypaadjies van Stellenbosch kamp haweloses in wind en weer uit - dag in, dag uit, maand ná maand, met geen ander heenkome nie.

En dalk nog erger, met geen vooruitsigte dat hul omstandighede selfs net effens gaan verbeter nie.

Dit is hierdie mense op wie die lewe sy rug gedraai het, wat ons deernis verdien.

Mense wat dikwels nie werklik beheer gehad het oor waar hulle beland het en oor die situasies waarin hulle hulself bevind nie.

Aan die ander kant van die reënboog is daar is baie mense wat dit oorvloedig het en geen tekort in die lewe ervaar nie. Nie aan blyplek, kos, klere en ander basiese behoeftes nie. Mense wat maklik kan gee. Wat genoeg het om met ander te deel.

Madiba was seker die een Suid-Afrikaner wat deur sy nederigheid en onbaatsugtigheid so baie vir ander gegee het en wie se nalatenskap en lewe nou op Mandeladag op gepaste wyse gedenk word – deur te gee.

Gee kom egter vanuit die hart. Dit moet ’n gevoelsbesluit wees, anders het dit nie veel waarde nie.

Om te gee net om gesien te word, is nie waaroor Mandeladag se gee gaan nie.

Ook nie enige ander dag se gee nie.

,
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.