23 Augustus 08:12
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Jonkers na sy ewige tuiste

Toe hy gesê het hy wil huis toe kom, het ons geweet …

’n Week later het hy by die huis gesterf met sy familie aan sy sy.

Op Saterdag 8 April ná ’n lang siekte is Koos Jonkers (62) aan longkanker dood.

Jonkers, ’n geliefde sakeman, kranige rugbyspeler, WP-rugbyskeidsregter en voormalige voorsitter van die Stellenbosch-taxivereniging, het diep spore in die gemeenskap gelos.

“As daar een woord is om hom te beskryf is dit hardwerkend, maar my pa was ook vol lewe en iemand wat altyd ander gehelp het. Hy sou altyd die ekstra myl vir iemand loop,” vertel Cherilene Jonkers-Eksteen, sy oudste dogter.

Verlede jaar Augustus, toe dokters vir Jonkers inlig hy het longkanker, het dit die familie baie hard getref.

“My pa is ons steunpilaar, iemand wat sy familie altyd eerste uitgesort het. Ons kon altyd op hom staatmaak – as enigiets fout was in en rondom die huis sou hy altyd blitsvinnig sorg dat dit reggemaak word.”

Jonkers-Eksteen sê haar pa het die afgelope paar weke afstand gedoen van al die wêreldsgoed. “Hy het werklik alles oorgegee.”

Steven Smith wat jare saam met Jonkers op die veld uitgedraf het, sê daar was geen keer aan Jonkers op die veld nie. “Hy was ’n harde, aggressiewe speler wat vir niemand teruggestaan het nie. Hy was wel ’n bietjie stadig – ons het hom sommer koffiewater genoem, want dit vat mos maar lank om te kook. Ons groet beslis ’n groot gees.”

Deon van Kerwel van die Stellenbosch-taxivereniging sê Jonkers was meer as 20 jaar deel van die vereniging. “Hy het ’n groot verandering gebring in die organisasie en sy sukses. ’n Groot akkerboom het in Stellenbosch geval.

“Vanjaar vier ons ons 60ste verjaardag – die geleentheid word aan hom opgedra.”

Jonkers laat sy vrou, Gail, en dogters Cherilene, Gaillene, Semoné en Nicole agter. Die begrafnis is Saterdag 15 April om 07:30 (besigtiging) en 08:30 by die VGK Cloetesville.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.