26 Maart 03:36
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Nuus
Klein Handjies groei van droom tot sukses

Toe sy haar onderwysbaadjie ná 39 jaar ophang, was haar grootste begeerte om met kleuters te werk voor hulle in die klas beland.

Lynette Carolissen, skoolhoof van Klein Handjies-kleuterskool, se begeerte is vervul – sy is nou opgewonde om deel te wees van die kleuters se vorming tot skoolgereedheid.

Klein Handjies by Boschendal is meer as net ’n skool. “Hier word die grondslag gelê. Ons stap ’n pad saam met ons groep kleine handjies en sorg dat ons hulle skoolgereed kry.

“Dissipline is ’n fokuspunt, kinders moet kan speel en leer, maar ook veilig en beskermd voel.

“Klein Handjies is in 2010 op die Solms-Delta-plaas gestig, maar het met Boschendal hande gevat om die inisiatief verder te voer,” sê Carolissen.

Rob Lundie, Boschendal se eienaar, sê met die aankoop van die plaas was vroeëkindontwikkeling ’n aspek waarop hy beslis wou fokus.

“Solms-Delta was in pas met ons idees en so het ons vennootskap begin.

“Klein Handjies is meer ’n plek waar kinders ontwikkel, waar gehalte-onderrig ’n prioriteit is.”

Volgens Carolissen dryf haar passie vir kinders haar elke dag.

“Kinders kan soms oulike goed kwytraak. Ek raak nooit moeg daarvoor nie. Destyds is die skooltjie gebou sodat plaaswerkers ’n ogie kan hou oor hul kinders. Daar is baie stigmas rondom plaaskinders, maar ons kinders stap netjies hier in en dis juis hulle wat die beste presteer in die skool.

“As grondslagfase-onderwyser het ek altyd iets ekstra gesoek by my leerders – dis vir my wonderlik om daai iets ekstra op so ’n jong ouderdom in my kinders te kweek.”

Klein Handjies is ’n tuiste vir kinders van Solms-Delta, Boschendal, Allèe Bleue, Meerlust en Bien Donne.

Boschendal voorsien ook daagliks ’n gesonde maaltyd aan elke leerder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.