26 Julie 16:50
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Nuus
Le Cordeur word mede-professor by Maties

Prof. Michael le Cordeur, tans hoof van die departement kurriklumstudie in die fakulteit opvoedkunde, is onlangs deur die Universiteit Stellenbosch (US) bevorder tot mede-professor.

Hy is ’n NNS-gegradeerde navorser en doseer Afrikaansonderwys op voor- en nagraadse vlak en het reeds verskeie doktorale en meestersgraadstudente gelewer.

Prof. Le Cordeur was ’n leerder aan die Laerskool Pauw Gedenk en matrikuleer aan die Hoërskool Bergrivier. Hy was voorheen Afrikaans-onderwyser by sy alma mater, later departementshoof en adjunkhoof van Weltevrede Sekondêr, skoolhoof van Hoërskool Kylemore en die kringbestuurder van onderwys in Stellenbosch.

Hy het sy studies begin by UWK waar hy Afrikaans-Nederlands en Filosofie bestudeer het vir sy BA en Honneurs-grade asook ’n Hoër Onderwysdiploma. Ná die B.Ed-graad aan Unisa en die meestersgraad in kurrikulumstudie (US), promoveer hy met ’n doktorsgraad (PhD) in Afrikaanse Didaktiek aan die US (2004).

Hy verwerf daarna ook ’n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die US. Hy sluit hom in 2009 by die US aan en vorder vinnig van lektor, senior lektor en nou na mede-professor.

Sy navorsing en publikasies handel oor leerders se lees- en skryfvermoë, taalbeleide, moedertaalonderrig en taalidentiteit. Hy is die skrywer en mede-skrywer van 21 boeke vir grade 7 tot 12 en deesdae ook handboeke vir universiteitstudente.

Hy het reeds talle geakkrediteerde akademiese artikels gepubliseer en het al 43 referate op nasionale en 22 referate op internasionale vlak gelewer, onder meer in New York, Hongkong, Parys, Amsterdam, Warskou, Turkye en Kopenhagen.

Prof. Le Cordeur dien die gemeenskap op talle terreine. Hy was vir twee termyne die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en een van die mede-opstellers van die Wes-Kaapse taalbeleid.

Hy is ’n stigter en vorige voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, die vorige voorsitter van die Breytenbach-sentrum en die onder-voorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum en Rachels Angels.

Hy was vir 18 jaar by skolesport betrokke en was onder andere voorsitter van USSASA en lid van Roslins Rugbyklub.

Prof. Le Cordeur is ’n gereelde rubriekskrywer, met meer as 200 artikels in koerante en tydskrifte en is ’n gereelde kommentator op radio en TV waar hy bydraes lewer tot die nasionale debat oor taal en onderwys.

Hy is die mede-skrywer van die boek Die klopse van Wellington, (saam met sy voormalige student, dr. Marlene le Roux). Sy jongste boek, Ons kom van vêr, waarvan hy die mede-redakteur is, bevat 36 hoofstukke deur skrywers en akademici uit die bruin gemeenskap en vier die lewe van nog ’n groot gees, die dramaturg en digter, Adam Small.

So pas het hy ’n hoofstuk geskryf in ’n boek wat internasionaal gepubliseer is in die VSA, China en Europa oor Nelson Mandela se nalatenskap vir Afrikaans.

Prof. Le Cordeur is tans lid van die Onderwys- en Navorsingsvereniging in SA (SAERA), die Internasionale Vereniging vir L1 tale (ARLE) en ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is lid van die direksies van die ATKV en die SBA.

Hy is in 2008 bekroon deur die SA Akademie vir sy bydrae tot onderwys en sy talle toekennings sluit in die rektorstoekenning vir vyf agtereenvolgende jaar, die Goue Pen-toekenning vir die bevordering van Afrikaans (2012), die ministeriële toekenning vir die bevordering van veeltaligheid (2012), die presidentstoekenning vir sy bydrae tot skolesport (2012) en die premiers- (1997) en burgermeesterstoekenning (2014) vir gemeenskapsbetrokkenheid.

Hy is aan die einde van 2014 bekroon met die US se hoogste toekenning, die kanseliersmedalje, en einde 2016 ontvang hy gradering van die Nasionale Navorsing Stigting (NNS).

Prof. Le Cordeur moes dikwels terugslae oorkom maar het aanhou glo in homself en in sy drome. Hy skryf sy sukses toe aan harde en passievolle werk en die ongelooflike ondersteuning van sy gesin: sy ouers (wat binnekort hul 60ste huweliksherdenking vier), sy twee kinders (albei het reeds gegradueer) en veral sy vrou, Sonia, tans Afrikaans-onderwyser aan Hoërskool Bergrivier. “Sonder haar sou ek dit nie kon doen nie”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.