21 Julie 12:31
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Nuus
Mandeladag vra 67 minute

Uitvoerende burgemeester Gesie van Deventer het haar 67 minute ter ere van Mandeladag op Maandag 10 Julie aan die gemeenskap gegee.

Van Deventer het die Stellenbosch Voedingsaksie besoek om te gaan kyk na die werk wat hulle doen.

“Die besoek het my die geleentheid gebied om diensbaar te wees en dit was lekker om kos uit te deel by een van hul gereelde dienspunte in die Cloetesville-omgewing.”

Mandeladag word jaarliks regoor die wêreld herdenk op die verjaardag van oud president, Nelson Mandela. Mense word aangemoedig om 67 minute gemeenskapsdiens te doen op die dag om die nalatenskap van Madiba te vier. Die 67 minute is ter herinnering aan die 27 jaar wat hy in die tronk deurgebring het.

“Die werk wat deur organisasies soos Stellenbosch Voedingsaksie en ander gedoen word is van onskatbare waarde. Hulle help om die nood te verlig in van ons behoeftige gemeenskappe op ’n positiewe en volhoubare manier. Dit word ook ondersteun deur inwoners binne die gemeenskap wat help om kos voor te berei en elke dag uit te deel,” vertel sy.

“Daar is so baie wonderlike organisasies wat op ’n verantwoordelike manier ons gemeenskappe en inwoners bystaan. Dit is belangrik dat ons hierdie organisasies ook ondersteun. Ek wil elke persoon aanmoedig om sy 67 minute te gee op 18 Julie en ’n verskil te maak in die lewens van ons behoeftige mense. Dis ons plig om om te sien na mense in nood.

“Vanjaar se Mandeladag-tema is juis Aksie Teen Armoede. Gaan kyk gerus by www.mandeladay.com hoe jy kan help.”

V Stellenbosch Voedingsaksie is ’n begunstigde van Eikestadnuus se jaarlikse Warm Winterprojek. Sover het dié organisasie die minste skenkings van al die begunstigdes ontvang.

Eikestadnuus se lesers word aangemoedig om ook dié projek in gedagte te hou en droë sopmengsel ten bate van Stellenbosch Voedingsaksie by ons kantoor by Alexanderstraat 44 af te lewer. Skenkings kan tot einde Augustus gemaak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.