27 April 08:57
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Nuus
Meer as net kaas te geniet by SA Kaasfees

Suid-Afrikaners hou van kuier saam met familie en vriende en goeie kos (en veral ’n verskeidenheid plaaslik geproduseerde kase) – en dit is presies wat jy van die 16de SA Kaasfees kan verwag.

Vir drie soel herfsdae (Vrydag 28 April tot Sondag 30 April) kom kaasliefhebbers weereens by Sandringham buite Stellenbosch byeen vir hul jaarlikse rendezvous met kaas.

Kaas en meer

Kaas bly steeds die middelpunt van hierdie gewilde fees. Kaasmakers van regoor die land bring hul crème de la crème vir besoekers om te proe en aan te koop. Maak seker dat jy die handgemaakte produkte van nuweling-uitstallers proe: Chechil SA van Bloemfontein, Bettie Bok (Weskus), Milkwood (George) en vele meer.

Vir feesvieringe uit die boonste rakke kan jy natuurlik ook nie sonder kaas se pasmaats soos uitgesoekte wyn, bier, varsgebakte brood, heerlike vleisprodukte, soete verleiding, sowel as handige resep-idees nie.

Inkopiehemel

Koop die grootste verskeidenheid kaas in die Checkers Kaasemporium, en vul jou mandjie verder in die Checkers Food Market, ’n gerieflike miniwinkel. Mik vir die Fynproewerslaan vir middagete en wees op die uitkyk vir Spesiale Vrydag Aanbiedings (28 April) en talle produkbekendstellings.

Wat is nuut?

Laat glanssjefs Nataniël (geborg deur Checkers), Carmen Niehaus, Errieda du Toit, Haidee Muller, Amore Bekker en ander jou met hul koskennis vermaak in die nuwe Agri-Expo Kookpot.

Gesels met kaaskundiges en van die land se voorste kaasmakers soos Kleinrivier Kaas, La Montanara, Fairview, Udderley Delicious en Taaibosch Kaas in die nuwe Agri-Expo Cheesery.

Wen ’n splinternuwe Chevrolet UTEForce bakkie – jou toegangskaartjie tel vir een inskrywing in die Wen ’n Bakkie-kompetisie geborg deur REEDS Motor Group (reëls & voorwaardes geld).

Leer by die beste

Die sjefs van die Private Hotel School demonstreer ’n reeks spesiaal-ontwikkelde resepte wat kaas en alternatiewe nisprodukte soos granate, vye en persimmons saam inspan in die Cape Made Kombuis (met ondersteuning deur die Wes-Kaapse Departement Landbou). Nog ’n moet-doen item is die uitgebreide program van die Standard Bank Proelokaal waar wyn-en-kaas paringsessies, ’n kaas-en-bier ervaring met meesterbrouers Tim Godfrey en Stephan Lotz, Carmién Tee met ’n kaas-en-tee proe, Stellenbosch Vineyards met gegeurde wyn en kaas proe asook ’n ontdekking van bokmelkkaasprodukte deur sjef Pete Goffe-Wood wat jou kulinêre horisonne sal verbreed.

Vrolike vermaak

Kurt Darren (Vrydag 16:00 tot 18:00), BlackByrd (Sondag 16:00 tot 18:00) en ander kunstenaars sit ’n huppel in jou stap by die Stellenbosch Vineyards Musiek Gazebo. Ure se veilige pret wag vir die kleinspan in die Kinderhoekie en tieners in die Teenzone.

Stel jou kreatiwiteit en vaardigheid met die kerfmes op die proef en skep jou kaasbeeldhouwerk in die Ladismith Kaaskerfkompetisie, en staan ’n kans om groot pryse te wen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.