29 Mei 21:12
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Nuus
Nuwe Mediclinic Stellenbosch open in 2019

Mediclinic Suider-Afrika het vandag planne aangekondig om die huidige Mediclinic Stellenbosch te skuif na ’n meer prominente perseel langs die R44 in Stellenbosch.

Sedert die hospitaal in 1992 sy deure geopen het, het dit gegroei van ’n hospitaal met 58 beddens en 3 teaters tot ’n wêreldklas-fasiliteit met 102 beddens, 5 teaters en ’n besige 24-uur noodeenheid.

Dié hospitaal vier in 2017 sy 25ste jaar van pasiëntesorg. Operasionele uitvoerende hoof, Willie Kruger, beklemtoon dat die behoefte aan ’n nuwe hospitaal ontstaan het as gevolg van die sterk vraag na plaaslike fasiliteite.

“Aangesien die huidige perseel van Mediclinic Stellenbosch nie genoegsaam uitgebrei kon word om met die behoefte aan sorg tred te hou nie, is die besluit geneem om ’n nuwe gebou op ’n alternatiewe perseel te bou waar die hospitaal ’n beter diens aan die gemeenskap kan lewer.

“Addisionele kapasiteit word ingebou om vir verdere groei in die toekoms voorsiening te maak en te verseker dat ons pasiënte nog lank in die toekoms toegang sal hê tot die beste beskikbare sorg.”

Beryl Davidse werk al vandat Mediclinic Stellenbosch 25 jaar gelede sy deure oopgemaak het by dié hospitaal. Sy het eers by die huishouding-afdeling gewerk. Danksy studies wat deur dié maatskappy moontlik gemaak is, is sy nou tweede in bevel van die hospitaal se intensiewe sorgeenheid.

“Wie sou gedink het dat 25 jaar so vinnig verby kan gaan? Dit voel soos gister wat ek by die voordeur as ’n algemene werker ingeloop het, gereed om by Stellenbosch se eerste en splinternuwe privaathospitaal aan te sluit,” vertel sy.

“Dit was uitdagende, maar tog opwindende tye gewees. Ek het begin studeer deur die hospitaal en op die oomblik is ek die senior professionele verpleegster by die intensiewe sorgeenheid. Met die nuwe hospitaal se bou, het ek seker nog 25 jaar om na uit te sien.”

Die nuwe hospitaal, geleë op die hoek van Strandrylaan (R44) en Elsie du Toit-rylaan in Stellenbosch, behou sy oorspronklike naam en sal ’n verskeidenheid gespesialiseerde eenhede vir pasiënt-gesentreerde sorg, asook ’n multidissiplinêre span spesialiste en ’n noodsentrum insluit.

Die moderne gebou gaan ook ’n daghospitaal hê, bekend as Mediclinic Stellenbosch Day Clinic, waar pasiënte met beplande, nie-nood chirurgiese prosedures op die dag van die prosedure opgeneem en ontslaan sal word.

Die ontwerp van die nuwe hospitaal is sterk beïnvloed deur die nodigheid om volhoubare en eko-vriendelike fasiliteite te skep. Dit sal ontwerpelemente insluit wat op natuurlike lig in pasiëntkamers, besoekareas en dokters se spreekkamers fokus. Verskeie ander groen en omgewingselemente sal ingebring word om die hospitaal se koolstofvoetspoor te verminder.

Die huidige gebou, in Die Boord op Stellenbosch, sal omskep word in ’n ortopediese eenheid en sal bekend staan as Mediclinic Winelands Orthopaedic Hospital.

Dit sal verskeie ortopediese en rumatologiese spesialiste huisves met die doel om ’n sentrum van uitnemende diens vir die Wynland-gemeenskap te skep en ook te verseker dat alle ortopediese dissiplines by dié fasiliteit gedek word.

’n Tweede daghospitaal – die Mediclinic Winelands Day Clinic – het reeds ’n lisensie en sal vir verskeie kort-verblyf ortopediese prosedures voorsiening maak.

Kobus Jonck, infrastruktuur-hoofbestuurder van Mediclinic Suider-Afrika, verduidelik die tydraamwerk vir die nuwe hospitaal:

“Ons tenderproses het vroeg in Maart 2017 gesluit. Sekere regulatoriese prosesse moet afgehandel word en ons sal teen Mei 2017 gereed wees om met bouwerk te begin. Die projek sal ongeveer 20 maande neem om te voltooi en Mediclinic Stellenbosch sal in 2019 sy nuwe deure open.”

Die nuwe hospitaal sal deur Atterbury Properties in oorleg met Mediclinic Suider-Afrika ontwikkel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.