26 Junie 19:14
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Nuus
Saak teen verdagtes uitgestel

Die saak teen die drie verdagtes wat aangekla word van die poging tot roof en aanranding van ’n student is tot 10 Mei in die Stellenbosch-landdroshof uitgestel.

Die student, ’n inwoner van Lydia-vrouekoshuis by die Universiteit Stellenbosch (US) is Dinsdag 4 April om ongeveer 22:00 met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek nadat ’n man haar van haar selfoon en skootrekenaar probeer beroof het. Hy het ná sy mislukte poging in ’n motor gevlug.

Danksy die vinnige optrede deur die Lydia-inwoner, kampussekuriteit en mede-inwoners van die koshuis, is sy dadelik hospitaal toe geneem waar sy behandeling ontvang het.

Die student is Woensdagoggend uit die hospitaal ontslaan, maar teen die aand het sy ’n terugslag ondervind en is weer in die hospitaal opgeneem.

“Haar long het platgeval – die steekwond was dieper as wat die dokters aanvanklik gedink het,” sê Lydia se onderprim en HK van veiligheid, Nelrine Beyers.

Sy is Saterdag finaal uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan.

Volgens Susan van der Merwe, US woordvoerder, is die voertuig waarmee die verdagtes weggejaag het, geïdentifiseer as ’n voertuig van ’n ander US-student wat Woensdag 5 April as vermis by Kampussekuriteit aangemeld is.

Dié student is intussen opgespoor.

Die insident het veiligheid op die US-kampus weereens ’n besprekingspunt gemaak.

“ ’n Mens sou graag wou sien dat studente onder alle omstandighede veilig is op ’n universiteitskampus, maar die kampus en die dorp is ongelukkig nie misdaadvrye sones nie,” meen Van der Merwe.

Verder sê sy dat aangesien die dorp en kampus se toegangsroetes geïntegreerd is en sonder toegangsbeheer, kan misdadigers toeslaan en vinnig padgee.

“ ’n Groot konsentrasie van slimfone en skootrekenaars is ook ’n trekpleister vir grypdiewe.”

Van der Merwe moedig die gemeenskap aan om ten alle tye baie versigtig te wees.

Beyers meen weer dat studente altyd in gevaarsituasies, ’n bepaalde noodwoord behoort te skree:

“Dié Lydia-inwoner het ‘fire’ geskree wat ’n goeie algemene wenk aan ander is, aangesien baie mense wat net die skree gehoor het, gedink het dit is ’n grap, maar as jy iets soos ‘fire’ skree, dan weet mense dit is ’n ernstige veiligheidskwessie.”

Die US het berading vir die student en die koshuis se inwoners aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.