18 Augustus 10:37
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Sport
Bofballers bereik groot mylpaal met bevordering

Ná vier jaar se harde werk het Van der Stel se bofbalspan ’n mylpaal bereik.

Die span gaan in die volgende seisoen wat in Oktober vanjaar begin, in die Major-liga deelneem nadat hulle die titel Saterdag 18 Maart in die promosieliga verower het.

Bles Kemp, afrigter van die eerste span, het gesê Van der Stel se eerste span het vir die huidige seisoen 18 uit 20 wedstryde gewen.

Van der Stel het net twee keer dié seisoen gestruikel – teen Devonshire en bure Helderberg Pirates.

Nadat die klub vir meer as 20 jaar onaktief was, is Van der Stel deur Kemp, ’n voormalige nasionale speler, in die 2013-’14-seisoen laat herleef. Die klub het begin met een senior en een junior span. Sowat drie jaar later, het die klub drie senior en drie junior spanne en is relatief goed gevestig in die Stellenbosch-omgewing.

Sleutelspelers vir Van der Stel vir die huidige seisoen was Robbie Clarke, Louis Van Wyk jr., die Amerikaanse broers Michael en Matthew Miller, en die Belg, Dennis Ribbens.

Kemp het gesê Matthew moes instaan vir sy broer Michael toe laasgenoemde sy arm in die eerste wedstryd in Januarie vanjaar gebreek het en het hom goed van sy taak gekwyt.

“Clarke en Van Wyk het die gooiwerk oorgeneem en ook baie goed gevaar.”

Kemp het gesê benewens die positiewe nuus vir die klub is dat verskeie spelers en afrigters in die Wes-Kaapse span opgeneem is. Phillip Escreet (WP o.15), Pieter Kemp (o.18), Charles van Wyk (o.18), Xander van Zyl (o.18), Ivan Pienaar (o.18), Kevin Costigan (o.18), Robbie Clarke (senior), Louis van Wyk (o.23), Bles Kemp (o.18-afrigter), Eric van Zyl (o.18-afrigter) en Robbie Clarke (o.15-afrigter) is die gelukkiges.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.