23 Augustus 08:20
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 66%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 36km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

18°C / 8°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Sport
Marinda Fourie – Springbok-atleet wat sport steeds uitleef

“Atletiekdeelname is soos ’n mens se lewe, net ’n korter weergawe daarvan. Dit omvat dieselfde paaie, hoogte- en laagtepunte, selfs dieselfde lewenslesse. Atletiek het my geleer om prestasie in konteks te sien en my voorberei vir my lewe daarna, vir ’n groter roeping wat op my gewag het.”

Marinda Fourie, Springbok 400 m-atleet met ’n persoonlike beste tyd van 52.94 sekondes, se atletiekloopbaan het in die 1980’s begin toe Suid-Afrika op sportgebied geïsoleer was en in 1998 – ongeveer ses jaar nadat Suid-Afrika weer tot internasionale sportdeelname toegelaat is – geëindig. Sy kon dus in 1992 internasionaal deelneem aan die Unity Games in Dakar waar sy derde in die 400 m geëindig het, sowel as aan die Afrika-kampioenskap wat daarop gevolg het en aan verskeie Europese byeenkomste.

Fourie is realisties oor die dinge wat sy as atleet anders sou kon doen. “Vrees, verkeerdelik, was my dryfveer tydens kompetisies. Ek was bang dat ek nie goed genoeg gaan wees nie en was daarom harder op myself. As ek dit kon oordoen, sou ek ’n driedimensionele benadering gevolg het. Dit beteken dat ek my liggaam, siel en gees in harmonie sou bring ten einde my vrese te oorwin en my toe te laat om dít wat my verstand vir my gesê het onmoontlik is, moontlik te maak. Ek sou my talent gebruik om op te bou, eerder as om myself onnodig onder druk te plaas. Tewens, ek sou nie vir myself gehardloop het nie, maar vir Jesus,” sê Fourie.

Tog glo Fourie dat hierdie eertydse “verkeerde benadering” juis dít was wat haar voorberei het vir die veel belangriker rol wat sy deesdae steeds op die atletiekbaan as afrigter in die lewe van jong atlete speel. Sy en haar man, oud-Springbok middelafstandatleet Johan Fourie, rig tans ’n groep middelafstandatlete af wat bekend staan as The Dog Squad. Hulle leer atlete juis die driedimensionele benadering, waarna sy verwys het, wat volgens haar, atlete in staat stel om hul prestasiegrense te kan oorskry. Atlete in dié groep kan kies of hulle hierdie benadering wil volg, al dan nie.

Fourie beklemtoon die belangrikheid van dit waarop ’n atleet fokus. “Indien jy deelneem om jouself te verheerlik, is jou gegewe talent jou plafon. Kies jy egter om God daarmee te verheerlik, word jou talent jou platform en bestaan daar nie meer ’n plafon nie.”

Baie dinge maak Fourie se hart bly, onder meer om vir Jesus te werk, om jongmense te help om hul vrese in en buite sport te oorwin, haar gesin, en die feit dat sy haar eertydse atletiektalent nou, bykans 20 jaar later, steeds kan uitleef deur haar betrokkenheid by atletiekafrigting.

Fourie waarsku jong sportlui dat ’n sporttalent, indien dit verkeerd hanteer word, vernietigend kan wees. “Deur dit egter positief te benader, sal dit nie net jou prestasie op die sportveld verbeter nie, maar jy sal selfs ander se lewe op ’n positiewe wyse daardeur aanraak.”

En komende van haar wat ervaring van albei het, is dit inderdaad ’n boodskap om van kennis te neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.