Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Sport
Spelers knap terrein op

Spelers van die Kylemore-rugbyklub het hul rugbyballe vir verfkwaste verruil om Saterdag 8 April die Kylemore-sportterrein op te knap.

Vir dié spelers gaan dit oor meer as net verf. “Dit is deel van spanbou. Jy waardeer iets meer as jy weet dit is jou eie handewerk, so ek hoop dat ons nou saam met die gemeenskap beter gaan omsien na die gebou en die terrein. Glo my, dit gaan ook nou makliker wees om vir iemand te sê om nie hier te mors nie, want jy’t mos hard gewerk om die plek so mooi te kry,” sê Devon Mentoor, kaptein van die klub se eerste span.

Adri Smith, die klub se sekretaresse, sê hul hoop spelers sal eienaarskap neem. “Dit is wonderlik om te sien hoe jong manne terugploeg in hul gemeenskap. Ons dorp en sy mense is lief vir rugby. Dit is ’n sport wat die hele gemeenskap bymekaarbring en daarom is dit ook ons as klub se plig om ’n voorbeeld te stel.

“Vir jare moes ons maar tevrede wees met vuil en foutiewe krane en badkamers, geriewe wat nie geskik is vir mense nie – en elke keer staan ons met skaam gesigte. Ons het besluit dit is tyd dat ons iets aan die situasie doen,” sê Smith.

Smith vra dat die gemeenskap die spelers sal help om dié terrein skoon en netjies te hou. “Dan kan ons spelers elke week trots op daai veld uithardloop en hul beste rugby speel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.