18 Augustus 10:52
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Sport
Straatmyl nie weer droommyl

Die sewende Dagbreek-straatmyl wat verlede Woensdagaand 8 Maart as deel van die US Woordfees gehou is, was weer eens ’n groot sukses. Perfekte weersomstandighede, een van die mooiste roetes in Suid-Afrika in Victoriastraat en massa-deelname het bygedra tot ’n suksesvolle byeenkoms.

In die afwesigheid van die verdedigende kampioen, Johan Cronjé (wat weens ’n operasie nie sy titel verdedig het nie), is ’n nuwe kampioen gekroon. Die wenner in die elite-afdeling was Dwayne Philander van die Universiteit van die Wes-Kaap wat die wedloop in ’n tyd van 4:14.98 gewen het. Llewellyn Groeneveld was tweede met ’n tyd van 4:17.21 en Casper Labuschagne derde met ’n tyd 4:18.47.

Die vroue-afdeling is gewen deur die Matie Yvonne Steenkamp met ’n tyd van 5:17.7. Die naaswenner was Gianni Marais met ’n tyd van 5:34.7 en Megan Odendaalsrus 5.38.

Dié Dagbreek Straatmyl-wedloop het kategorieë vir skole, vroue, mans, skaatsplankryers en die elite-kategorie vir mans. Sowat 300 mense het daaraan deelgeneem.

Geen atleet kon die nuwe trofee vir ’n droommyl wen nie. Om die trofee te wen, moet atlete ’n myl in onder 4 minute hardloop. Die enigste droommyl is twee jaar gelede in die straatmylfees gehardloop.

Die enigste droommyl van die dag is opgestel deur die skaatsplank-wenner Troon van der Riet met ’n tyd van 3:49:5. Die skole-wedloop het ook gegroei in deelname met mooi ondersteuning van Hoërskool Strand en Hoërskool Bellville. Die gebrek aan deelname deur plaaslike skole was teleurstellend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Eikestad Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.