Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
SA ontwerp toestel wat babasterftes kan verminder

’n Toestel wat die bloedvloei in die naelstring van ongebore babas toets, het die potensiaal om die aantal babas wat dood gebore word, te verminder.

Navorsing wat op die UmbiFlow-toestel gedoen is, kan groot voordele inhou. Dit is ontwerp deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).

UmbiFlow, wat byna soos ’n sonar werk, toets die bloedtoevoer na die baba en die gesondheid van die plasenta. Daar is bevind een uit elke tien vroue wat tussen sewe en agt maande swanger is, het wel abnormale UmbiFlow-lesings.

Dit beteken daar is probleme met die funksionering van die plasenta, wat kan lei tot die sterfte van die baba.

  • In Suid-Afrika is daar in 33% van gevalle waar babas dood gebore word, geen verklaring vir die sterfte nie. Die studie wys, volgens die MNR, dat abnormaliteite van die plasenta in onontwikkelde lande tot tien keer hoër kan wees as in ontwikkelde lande. Die klem het onlangs geval op babas wat te vroeg gebore is.

Dr. Evette van Niekerk, van die Universiteit Stellenbosch, sê baie babas wat vroeg gebore word, sukkel ’n leeftyd lank met leer-, sig-, en gehoorprobleme.

Voeding speel ’n belangrike rol in die oorlewing van ’n baba. Omdat die spysverteringskanaal nog nie heeltemal ontwikkel is nie, kan baie van die babas nie kos in die maag hanteer nie. Hulle het ook ander behoeftes rakende voeding as dié babas wat die volle termyn deurgemaak het. Tog bly borsmelk die beste opsie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kalahari Bulletin Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.