27 Maart 00:49
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Nuus
Tamaai vragte voer bring hoop

Vir die veeboere van die Karoo noord van Calvinia wat tans onder ’n uitmergelende droogte gebuk gaan, het daar in die afgelope paar weke groot verligting vanuit ’n onverwagte oord gekom.

’n Radiostasie aan die Weskus, ’n groep boere van die Swartland rondom Darling, Malmesbury en Piketberg, en ’n groot vervoerkontrakteur van Upington het kragte saamgespan om die Karooboere – wie se veetroppe vinnig besig was om deur die droogte uitgewis te word – te hulp te snel.

Voer is geskenk en gratis van die Swartland na Calvinia vervoer.

Marianne van Niekerk, ’n omroeper van Sonskyn Radio op Yzerfontein, het vroeg vanjaar ’n onderhoud met Stephen Rabe van Darling gevoer. Omdat Van Niekerk kort vantevore verby die stuk of 16 Karooplase noord van Calvinia gery het waar die weiding heeltemal deur die droogte en veldbrande verwoes is, het sy ná die onderhoud aan Rabe vertel hoe die lot van daardie Karooboere haar aangegryp het.

Rabe het dadelik aangebied om ’n boodskap na al die boereverenigings in die Swartland te stuur om hulle opnuut van die lot van die Karooboere bewus te maak.

“Die reaksie op Stephen Rabe se boodskap was verstommend,” het Van Niekerk verlede week gesê.

“Willem en Paul Basson van die plaas Uilenkraal naby Darling het laat weet dat hulle 120 bale vir die Karooboere skenk, en Jan Hendriks van Piketberg het laat weet dat hy en van sy medeboere voer gaan aankoop en aan die boere skenk.

“Die boere het binne ’n ommesientjie nie een nie, maar twee tamaai vragte voer gereed gehad om na Calvinia te stuur.

“Die bale wat geskenk is, weeg ongeveer 300 kg elk. Dit kos baie geld om die bale van die Swart- land na Calvinia te vervoer.

“Net toe die vervoerprobleem te groot begin lyk, het ek met MacDonald’s Transport, ’n groot vervoerkontrakteur van Upington, kontak gemaak. MacDonald’s se vragmotors ry feitlik daagliks deur Calvinia om vrag tussen Upington en Kaapstad te vervoer.

“Hulle het dadelik aangebied om van hul vragmotors beskikbaar te stel om die voer gratis van die Swartland na Calvinia te bring.”

Die eerste twee vragte is verlede week deur MacDonald’s opgelaai en na Calvinia geneem, maar die skenkings het so vinnig bly instroom dat daar weer twee groot vragte gereed lê om weggestuur te word.

Ander vervoerkontrakteurs, soos Courierit Transport, het ook intussen aangebied om van die bale na Calvinia te help vervoer, maar die bale is te groot om op hul vragmotors te laai.

Daar is gereël dat die boere hul skenkings moet aanry na Hannes Eksteen se plaas Melkbosfontein buite Piketberg, waar MacDonald’s se vragmotors dit sal oplaai om na Calvinia te neem.

Volgens Eksteen het die getal bale wat by hom afgelaai is, blitsvinnig van 54 na 206 toegeneem danksy Van Niekerk se gereelde gesprekke oor die insameling op Sonskyn Radio.

Die bale wat reeds na Calvinia versend is en die bale wat tans op versending wag, weeg bykans 46 ton.

“Ons is almal plaasmense en ’n dier wat honger ly of van honger omkom, is vir ons iets verskriklik,” sê Eksteen.

“Ons glo dat ons genoeg voer bymekaar sal kry om hierdie diere aan die lewe te hou totdat die eerste reëns in daardie wêreld begin uitsak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.