27 April 18:47
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Nuus
Bloedrooi van trots

Die Afrikaanse Hoërskool (Rooies) het sy tradisie, om ’n 100%-slaagsyfer in die matriekeindeksamen te behaal, voortgesit.

“Alle eer aan ons Hemelse Vader vir skitterende matriekuitslae 2016! Ek, die personeel, ouers en gemeenskap salueer elkeen van die 103 matrikulante wat matriek aan die Rooies geskryf het. Ons is trotser as trots op julle,” sê Anton Janse van Rensburg, skoolhoof.

JC Cordier kraai koning met sewe onderskeidings en is ook een van die 50 beste akademiese matrikulante in die Vrystaat.

Drie matrikulante, Christiaan Doubell, Sharné du Plessis en Simoné du Plooy, spog met sewe onderskeidings elk, terwyl CJ Barnard en Waldo Wessels elk ses onderskeidings ingeryg het.

Rooies se onderskeidingsoes het ook vyf onderskeidings elk vir Carmen Basson, Petria Liebenberg, Christi Louw, Nadine Oelofse en Sophia Rademeyer ingehou, terwyl Sharon du Plessis met vier onderskeidings op haar matrieksertifikaat kan spog.

Michaela Dippenaar, Soso Matube, Jaco Potgieter en Natalie Rosslee behaal elk drie onderskeidings, terwyl 16 leerlinge met twee onderskeidings en altesaam 25 leerlinge elk een onderskeiding behaal het.

Rooies pronk met altesaam 138 vakonderskeidings en 69% van die matrikulante kan verder studeer met universiteitstoelating.

’n Verdere 30% kan vir ’n diploma gaan studeer.

Rooies se bloed is rooi, bloedrooi van trots.

  • Nog foto’s van Rooies se presteerders op bl. 6.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.