24 Julie 18:49
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Nuus
Hoof bars van trots oor prestasies

Die Hoërskool Kroonstad (Bloues) se 2016-matrikulante het baie goed in die eindeksamen gepresteer.

Dié skool spog met ’n slaagsyfer van 98,2%. Die helfte van dié matrikulante het met universiteitstoelating geslaag en 46,3% van dié matrikulante kan verder aan ’n tersiêre instelling studeer.

“Die personeel is baie trots op hul matrikulante wat so hard gewerk het. Altesaam 86 vakonderskeidings is behaal,” sê William Drinkwater, Bloues se hoof.

Die room van die oes is Bloues se dux-leerling, Lené Delport, wat met agt onderskeidings spog.

Sy het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), wiskunde, lewensoriëntering, verbruikerstudie, lewenswetenskap, fisiese wetenskap en dramatiese kunste behaal.

Twee leerlinge, Joné Hugo en Tshepang Likhoele, het elk vier onderskeidings behaal.

Jandré Swanepoel het drie onderskeidings behaal en vyftien matrikulante het elk twee onderskeidings behaal.

Onderskeidings is in veertien vakke behaal, wat daarop dui dat die Bloues oor ’n breë spektrum presteer, sê ’n trotse Drinkwater.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.