29 Mei 21:11
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Saterdag

19°C / 16°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Nuus
Ontmoet ’n Cheetah

Indien jy ’n rugbygeesdriftige en boonop ondersteuner van die Curriebeker-kampioene – die Cheetahs – is, moet jy gou spring om kaartjies vir die NG kerk Kroonheuwel-Noord se Cheetah-aand in die hande te kry.

Dié geleentheid wat op Vrydag 20 Januarie by die Naudé-saal in Turnerstraat, Kroonheuwel, aangebied word, beloof om ieder en elk wat oranje bloed in hul are het, se harte ekstra hard “rugby” te laat klop.

Kobus Prinsloo en ds. Christo Weideman, organiseerders van dié geleentheid, sê spelers in die Cheetah-kamp, asook die Cheetah-gelukbringer, sal Kroonstad besoek.

Om inwoners van die geleentheid bewus te maak, sal lidmate van die kerk (én Cheetah-ondersteuners) op Saterdag (14/01) die dorp se strate invaar.

Kaartjies teen R150 per persoon is nou reeds by die Panorama Plaza se Pick n Pay beskikbaar.

’n Getekende Cheetah-trui sal opgeveil word en spesiale gebottelde Cheetah-wyn kom ook onder die hamer.

Getrou aan die gemeente se puik onthaalkuns sal ’n heerlike ete om tafels bedien word.

Die spelers sal saam met gaste kuier.

Vanaf 16:30 op Vrydag 20 Januarie kan ondersteuners, wat nie die funksie kan bywoon nie, gratis van die spelers ontmoet, ’n handtekening bedel en vir ’n kiekie glimlag.

Die geleentheid is ’n eerste in sy soort en word vir Kroonstad aangebied om die kerk se geldinsameling te versterk.

Dit vind ook in die gees van die Cheetahs se sege plaas en sodat die gemeenskap hul rugbyhelde op eie bodem kan ontmoet.

Vir meer inligting, bel die kerkkantoor by 056-212-4891.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.