Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Reën, prestasies sit huppel in stap

Dit is terug-skool-toe-tyd en die eerste uitgawe van jou gunsteling- plaaslike koerant, Kroonnuus, is weer in jou posbus en op www.kroonnuus.co.za.

Met lieflike reën wat gedurende die eerste week in die omgewing en in die droogtegeteisterde gebiede van die land uitgesak het, kan lesers met reg die jaar met ’n huppel in die stap aandurf.

Hartlik geluk aan elke matrikulant van 2016 in die streek wat daartoe bygedra het om die Vrystaat as die beste presterende provinsie met die hoogste slaag­syfer in die land te laat koning kraai.

Dit is kielielekker om oor die skole se akademiese prestasies te berig. Dit is weer ’n bewys dat Kroonstadse skole en veral die Hoërskool Steynsrus, wat spog met twee matrikulante met agt onderskeidings elk, vir geen ander hoërskool in die land hoef terug te staan nie.

Hartlik geluk aan ons leerlinge wat skouer aan die wiel gesit het om skitterende matriekuitslae te behaal.

Die ondervinding bewys telkens dat jou matrieksertifikaat, selfs op jou oudag, ’n baie belangrike bewys van jou opleiding is wanneer jy vir ’n betrekking aansoek doen. Dit is dan ’n lekkerte om dekades ná jou matriekjaar die vrug van jou harde werk te sien.

Aan al die leerlinge wat Woensdag (11/01) die nuwe skooljaar aanpak: Volg gerus die raad van die beste presteerders en begin sommer van dag een af hard leer. Dan is die skooljaar soos die Engelsman sou sê: “A walk in the park”.

As jy nog nie met jou slimfoon so aktief op die internet is nie, is dit tyd om jouself te bemagtig.

Op Kroonnuus se Facebook-blad kan jy saam gesels, jou mening gee en onmiddellik sien en hoor wat die nuus op plaaslike bodem is. “Like” Kroonnuus op Facebook en gesels saam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.