28 Julie 00:48
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Nuus
Riool stroom by kantore

Die koerant is dikwels die klankbord van moedelose inwoners wat kla oor swak dienslewering.

Vir byna ’n maand stroom rioolwater, afkomstig van ’n lekkasie by Hillstraat, verby die kantoorgebou van Kroonnuus in Buitenkantstraat.

Ten spyte van daaglikse aanmeldings én twee raadslede wat die stinkende gemors voor minstens ses ondernemings by die munisipaliteit aangemeld het, groei die alge al ’n grys-groen gemors in die sypaadjie.

Die rioolwater beland in die rivier - die einste rivier waaruit water vir menslike gebruik onttrek word.

Ná ’n oproep deur een van die raadslede het die hoëdrukmasjienmanne opgedaag. Hulle kon nie die gemors wegblaas nie, want die rioolpyp moet in sy geheel vervang word.

Amptenare van die munisipaliteit was nog nie self by die lekkasie nie.

Hoe hanteer jy ’n rioollekkasie by jou perseel? Bel jy onmiddellik die munisipaliteit of is dit makliker om die koerant te bel?

Wie het ’n voorstel wat sal kan werk om terugvoer op munisipale klagtes te kry en ook om daadwerklik waarde vir geld te kry?

Wat sê die wet? Mag jy ’n rekening vir die munisipaliteit gee as jy hulle werk moes doen?

Gesels saam. “Like” Kroonnuus op Facebook en gee jou mening, sonder om enige rassistiese aanmerkings te maak.

Jy kan ook konstruktiewe voorstelle na thurter@volksblad.com stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.