Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Syferkop wou wegloop na Lesotho

Matrikulante moenie net hard werk nie, hulle moet ook slim werk en seker maak hulle verstaan elke aspek van die kurrikulum indien hulle goed in die eindeksamen wil vaar.

Dit is Andrew Kharafu (17) van die Hoërskool Steynsrus se raad.

Andrew, wat ook die skool se hoofseun was, het onderskeidings in al sy vakke gekry – meer as die vyf wat hy verwag het.

Die slimkop, oorspronklik van Lesotho, spog met onderskeidings in Engels (huistaal), Afrikaanse (eerste addisionele taal), wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, rekeningkunde, lewensoriëntering en drama.

“Ek is baie opgewonde en tevrede. Die gedagte om in enige vak onder 80% te kry het my nog altyd in my skoolloopbaan gepla,” sê hy.

Volgens hom was die eksamen nie te moeilik nie, hoewel wiskunde ietwat van ’n uitdaging was.

Hy gaan vanjaar rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer, omdat hy ’n passie vir finansies en sake het.

“Ek dink as ’n geoktrooieerde rekenmeester sal ek kan werk in ’n loopbaan waarin ek passievol is.

“My gunstelingvakke was wiskunde en rekeningkunde omdat ek ’n syfermens is en ek hou van probleme oplos. Ek het van al die vakke op skool gehou,” sê hy.

Andrew, wie se ouers albei werkloos is, sê sy wenresep was sy bereidheid om hard te werk en te leer.

Niks is beter as dissipline nie, sê hy.

Hy was in ’n koshuis en sê dit was soms so moeilik om weg van sy familie te wees dat hy dit een keer oorweeg het om al die pad na Lesotho te loop.

Hy het egter toevlug in sy boeke gevind. Hy het ook aan debat deelgeneem.

“Wanneer ’n mens leer of ’n boek lees, gaan die dag vinnig verby. Die ondersteuning van my familie het my ook gedra. Ek gaan die mense en my vriende van Steynsrus mis. Almal daar is so vriendelik.”

Hy sê hy is opgewonde om ’n student te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.