28 Julie 00:48
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

22°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Dinsdag

16°C / 15°C

Wind 39km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 80%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 5mm

Humiditeit 66%

Nuus
Vul die swart gat in jou lewe

Die swart hond is verdag en kyk uit vir ’n geleentheid om jou te byt. Die “swart hond” is die verwysing na depressie.

Depressie is ’n siekte. Dit kan deur omstandighede vlam vat.

Depressie is ’n chemiese wanbalans in die brein.

Om een dag nog ’n werk te hê en met ’n huppel in jou stap planne te maak vir ’n vakansie of ’n nuwe motor of dalk verbeterings aan jou blyplek, kan in ’n paar uur jou lewe omver gooi as jy jou werk verloor.

Jou eer is gekrenk. Broodwinners wat by die Lace-diamantmyn werk, kan glo nie eens werkloosheidsversekering eis nie, omdat die noodsaaklike betalings na die fonds glo nie deur die myn gedoen is nie.

Siekefondse se premies is glo ook nie oorbetaal nie.

Dit is die vrouens wat kos moet voorberei. Die mans wag in spanning op die uitslag van ’n moontlike besigheidsredding. Dít kan baie lank duur. Intussen moet kinders skool toe gaan en ’n bord kos kry. Skoolgeld moet betaal word.

Dit is glad nie ongehoord om hier van menseredding te praat nie.

Daar is 303 werknemers ter sprake en die besteebare inkomste van dié eens goed besoldigde werknemers se reserwes is ná vier maande dalk al heeltemal uitgeput. Konserwatief bereken, kan dit maklik R3 miljoen per maand se besteebare inkomste in ’n reeds benarde ekonomie uit die dorp wegneem.

Kroonnuus verneem dat gesinne, van wie die ouer(s) by die myn gewerk het, noodgedwonge by families moes intrek omdat hulle nie meer die huur van hul huis kon beskostig nie.

Só ’n skok kan ’n persoon in depressie laat verval. ’n Persoon met depressie lê – letterlik en figuurlik.

Soms gryp die depressiewe mens na grashalms soos drank, dwelms of ander verslawings om “net bietjie weg te kom” van omstandighede.

Dit is interessant dat mense, wat ander in nood met hul beskikbare hulpbronne help, soms self aan depressie ly.

Die gemeenskap moet hande vat om die belangrikste vir ’n mens se bestaan – voedsel – in te samel.

Dit is ook belangrik om mense, wat deur die myn se sluiting geestelike kos nodig het, jou opregte gebede te gee, wat so broodnodig is.

Niemand weet wanneer die blou brief aan jou oorhandig gaan word en jy werkloos gaan wees nie.

Met ’n toe hand kan jy nie ontvang of gee nie. Help jou medemens op. Steek ’n hand uit. Jy kan die swart gat in jou eie lewe met ander se dankbaarheid opvul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kroon Nuus Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.