22 Januarie 12:04
Kaapstad Verander Area

Sondag

24°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

20°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Woensdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

21°C / 18°C

Wind 50km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Nuus
Boomhuis brand af

’n Splinternuwe luukse boomhuis in die Mokala- Nasionale Park buite Kimberley het Woensdagmiddag (07/12) onder raaiselagtige omstandighede afgebrand.

Nadia Lemmetius, ’n woordvoerder van Sanparke se Ariede-streek, sê die nuwe Dinokeng-boomhuis en die kameeldoringboom wat dit gehuisves het, is in puin gelê.

Volgens haar is dit tot dusver onbekend hoe die brand ontstaan het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Die boomhuis is pas voltooi.

Dit kon twee mense akkommodeer en was met ’n kombuis, sitkamer, badkamer en ’n stoep toegerus.

Besprekings sou volgens Lemmetius vanaf Januarie volgende jaar deur die park se sentrale besprekingsisteem gedoen kon word.

Volgens Lemmetius het Koketso Kotsoe, ’n senior veldwagter by Mokala, Woensdag omstreeks 14:00 rook by die boomhuis opgemerk.

“Veldwagters en personeel het onmiddellik gehelp om die brand onder beheer te bring.

“Geen van die park se ander geriewe is beskadig nie,” sê Lemmetius.

Volgens haar is die gebied om die brand afgesper om te verhoed dat die vlamme verder versprei.

“Die vuur het homself uitgebrand en die boomstomp is geblus om te verseker dat die brand tot ’n einde gekom het,” sê sy.

Die boomhuis is sowat 8 km van Mosu, die park se hoofkamp en ontvangs, af en is langs ’n watergat geleë.

Deon Joubert, parkbestuurder by Mokala, sê dat dit ’n hartseerdag is.

“Die boomhuis was ’n regte juweel.

“Dit is versigtig aanmekaargeslaan en smaakvol gemeubileer,” sê hy.

Lemmetius het aan Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, vertel dat die boomhuis met ’n yskas, stoof en sonpanele toegerus is.

Die omvang van die skade word glo op bykans R400 000 geraam.

Die Kameeldoring-boomhuis, ’n ander boomhuis in die park wat in 2013 gebou is, is steeds vir besprekings beskikbaar.

Volgens Lemmetius sal ’n soortgelyke boomhuis volgende jaar opgerig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.