23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Nuus
Griekwas honger vir oorwinning

Ons is honger om te wen.

Só sê Griekwas se kaptein, AJ Coertzen, oor sy span se Curriebeker-kragmeting teen die Westelike Provinsie in Kimberley vandag (09/08).

Sy span kon in sy eerste drie Curriebeker-wedstryde – teen die Blou Bulle tuis, die Goue Leeus in Johannesburg en die Haaie in Durban – nie ’n oorwinning behaal nie.

Hoewel Coertzen teleurgesteld is ná sy span se loesing van 3-41 teen die Haaie Vrydag (04/08), sê hy dié nederlaag maak nie van die Poubloues ’n slegte span nie.

“Ons het nie ons wedstrydplan goed uitgevoer nie. Die nederlaag maak glad nie van ons ’n swak span nie. Hulle (die Haaie) het sonder twyfel ’n goeie pak voorspelers. Met enkele uitsonderings is die Haaie dieselfde span wat net-net teen die Leeus in die kwarteindronde van die Superrugby-reeks vasgeval het,” sê Coertzen.

Hy gee toe dat sy span in Durban swak rugby gespeel het en dat hulle Woensdag daarvoor wil vergoed.

“Ons het nie ons wedstrydplan goed uitgevoer nie. Ons was swak in die vaste fasette. Ons sal aan veral ons lynstaanwerk en skrums aandag moet gee, want dit het teen die Haaie in dié afdeling van ons spel nie goed gegaan nie.”

Die WP het vanjaar in die Curriebeker-reeks – sonder sy Springbokke – gewys hy is goed in die skrums en Griekwas kan nie bekostig om weer in dié afdeling slap te lê nie.

Die Poubloues is steeds op soek na hul eerste oorwinning in die reeks en die WP gaan dit nie vir hulle maklik maak nie.

Die Kimberley-span het in sy eerste drie wedstryde reeds 20 drieë afgestaan.

Aangesien die wedstryd teen die Kapenaars in die week gespeel word, laat dit beswaarlik tyd aan Coertzen en sy manskappe om al die foute op die oefenveld uit te stryk.

Kimberley was besoekende spanne nog nooit goedgesind nie en ’n taai stryd tussen dié spanne word verwag.

“Die spelers moet hulself sielkundig vir die kragmeting voorberei,” sê Coertzen.

“Ons fokus is op die volgende wedstryd. WP moet Kimberley toe kom, wat nooit vir die span maklik is nie. Ons is honger om te wen en glo ons kan Woensdag die knoop deurhak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.