31 Maart 00:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

21°C / 15°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

17°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Nuus
Help seun só

’n Talentvolle jong skaatsplankryer van die Diamantstad droom daarvan om vanjaar aan verskeie skaatsplankkompetisies elders in die land deel te neem.

Damian Bramley (16) wil onder meer op 25 Februarie vanjaar aan die Ultimate X-skaatsplank­kompetisie in die Grand West-arena in Kaapstad deelneem en moontlik ook aan die Red Bull Unlocked-kompetisie wat later vanjaar, in Desember, plaasvind.

Die enigste ding wat in die tiener se pad staan, is vervoer en verblyfkoste.

Damian se drome kan skipbreuk ly indien hy nie finansiële bystand kry nie. Sy ma het dus ’n beroep op mense en instansies gedoen om die jong man te help.

Volgens sy ma, Anne Bramley, het Damian aanhou beïndruk sedert hy sowat vier en ’n half jaar gelede vir die eerste keer op ’n skaatsplank geklim het.

Hy beklee tans ’n eerste plek in die vert- (halfpipe) afdeling vir skaatsplankryers en word deur die Skaatsplankvereniging van Suid-Afrika as een van die land se 20 topskaatsplankryers gereken. Volgens The Boardr se wêreldranglys van skaatsplankryers is Damian tans op posisie 124 vir die vert- (halfpipe) afdeling.

Hy het oor die afgelope halfdekade ook goed gevaar op kompetisies soos die Kimberley Diamond Cup, Ultimate X en die Albert Luthuli Games.

  • “Die enigste manier hoe plaaslike skaatsplankryers regtig kan uitstyg, is as hulle blootgestel word aan nasionale en internasionale kompetisies en die geleentheid gegun word om teen die beste van die bestes te kompeteer,” sê Damian. Mense of instansies wat ’n bydrae wil maak, kan Damian se ma by 072-437-6050 bel of ’n e-pos na annelee582@yahoo.com stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.