30 April 16:48
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Nuus
Koebaai, Doem-Doempies

Doem-Doempies, ’n gemmerkat, het ’n hele ruk gelede by ’n gesin opgedaag toe hy nog ’n klein katjie was, wie se oë nog skaars oop was.

Daar is besluit hy sou net ’n paar dae bly totdat hulle sy eienaar opgespoor het. Nadat hulle besef het dit gaan waarskynlik nie gebeur nie, het hy hulle troeteldier én deel van die gesin geword. Selfs die honde, Krummel en Diedie het hom as een van hulle aanvaar.

Soos die tyd verbygesnel het, het die gesin besef dat Doem-Doempies ’n besonderse gemmerkat is. Daar is toe besluit om ’n reeks stories vir die kleinspan oor Doem-Doempies in die koerant te skryf.

Nadat ’n hele klompie stories gepubliseer is, kry Mamma ’n oproep van die koerant se redakteur.

Terwyl sy met aandag na die redakteur se stem oor die telefoon luister, maak sy vir Pappa groot oë. Ná die oproep gaan sy ingedagte op die sitkamerbank sit. Sy lyk verslae.

“Iemand het die redakteur gebel en gesê Doem-Doempies is eintlik hulle kat,” sê sy.

Pappa lag. “Hoe gaan hulle dit bewys?” vra hy.

“Maar steeds . . .” begin Mamma. “Wat gaan ons vir die kinders sê?”

By die aanhoor van die nuus val Boeta se mond van verbasing oop.

“Regtig?” sê hy. Mamma knik.

Sus begin senuweeagtig giggel.

“Dan moet die mense seker sê watter datum hulle vir Doem-Doempies verloor het?” meen sy.

Doem-Doempies stap deur die voordeur en skuur teen Pappa se been. Boeta tel die kat op en druk hom styf vas.

Die volgende middag skakel die redakteur weer.

“Dit was ’n groot misverstand,” verduidelik hy. “Iemand het hul gemmerkat verloor en het gedink dis ’n advertensie wat in die koerant geplaas word . . .”

Mamma slaak ’n sug van verligting.

Boeta staan langs Mamma met Doem-Doempies in sy arms. “Gaan hulle hom van ons af wegvat?” vra hy bekommerd.

“Nee,” lag Mamma. “Doem-Doempies is ons kat en hy is hier om te bly.”

  • Dit is die laaste aflewering in Karin Muller se reeks oor Doem-Doempies, ’n gemmerkat soos geen ander.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.