22 Julie 12:45
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Nuus
Maak jou liewer moeg met iéts

Daar begin die nuwe jaar toe net so vinnig soos wat die ou jaar verbygegaan het.

’n Nuwe jaar bring nuwe dinge. Ons is vol verwagtinge vir wat hierdie jaar gaan bring, maar ons is ook onseker.

Nou is dit tyd vir beplanning, nuut begin en ’n paar veranderinge hier en daar.

Ten tyde van my bediening in my eerste ­gemeente het ek dikwels by oom Piet Dekkers op sy plaas gaan kuier. Sommer lekker op die stoep gesit en geselsies aangeknoop.

So met die wisseling van die jaar ’n hele paar jaar gelede staan ons onder die vyeboom en gesels.

Hy lei water. Ons praat oor tye wat kom en tye wat gaan. Tyd wat kosbaar is. Die vreugde in die lewe. Voorkeursake.

Terwyl hy met die agterkant van die graaf teen die leivoor kap, vee hy sweet van sy voorkop af en sê: “Die kleinste dinge in die lewe is dikwels die grootste en die grootste die kleinste. Mense maak hulle moeg met niks. Jy moet jou moeg maak met iets.”

Daar verduidelik hy vir my hoe jy op ’n punt in jou lewe kom wanneer jy moet kies wat die moeite werd is. Waarvoor jy jou afsloof.

Hy het hierdie leivoor gekies. Dit is vir hom belangrik om hierdie vyeboom nat te lei. Dit maak sy lewe vol.

As hy oor sy 88 jaar terugkyk, het hy baie dinge gedoen wat baie krag, tyd en energie gevat het en niks beteken het nie. Tyd en energie wat verbygegaan het. Nou kies hy elke dag om iets te doen wat sy lewe volmaak.

Wat gaan jou lewe vanjaar volmaak?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.