31 Maart 00:28
Kaapstad Verander Area

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

21°C / 15°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

17°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Nuus
Matrieks beïndruk

Die Noord-Kaap se matriekslaagsyfer vir 2016 lyk heelwat beter as in die vorige jaar.

Die provinsie se slaagsyfer het met ’n beduidende 9,3 persentasiepunte tot 78,8% gestyg.

Dit kom ná ’n drastiese ingryping nadat die provinsie ’n teleurstellende 69,4% in 2015 behaal het. Die verbetering is die beste van al die provinsies.

Indien leerlinge wat na matriek oorgeplaas is buite berekening gelaat word, is die slaagsyfer 82,2%.

Daar was ook ’n verbetering van vier persentasiepunte in die slaagsyfer vir wiskunde en ’n verbetering van een persentasiepunt in fisiese wetenskap.

Al vyf die provinsie se distrikte het ’n slaagsyfer van hoër as 70% behaal.

Altesaam 20 skole in die provinsie het ’n 100%-slaagsyfer behaal in vergelyking met die nege skole wat in 2015 ’n 100%-slaagsyfer behaal het.

Altesaam 1 649 van 2016 se matrieks het onderskeidings behaal en 2 606 kandidate het met universiteitstoelating geslaag.

Dit is veral skole in Kimberley wat uitgeblink het.

Emeleo Duister van die Hoërskool Noord-Kaap is die provinsie se topleerling en die beste presteerder in ekonomie onder die 10 042 matrikulante.

Altesaam twee van die Hoërskool Noord-Kaap se matrikulante het die lys van 20 topmatrikulante gehaal.

Die topskool in die provinsie is die Hoërskool Diamantveld. Twee van sy leerlinge het agt onderskeidings behaal en vyf van die skool se leerlinge het die lys van 20 topmatrikulante gehaal.

Kimberley Girls’ High School het ook goed presteer met vyf van die skool se leerlinge wat die lys van 20 topmatrikulante gehaal het.

Die skool is naas die Hoërskool Diamantveld as die tweede beste skool in die provinsie aangewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.