18 Augustus 10:42
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Nuus
Matrikulante bereik weer groot prestasie

Die Hoërskool Diamantveld is as die topskool in die Noord-Kaap op die Noord-Kaapse onderwysdepartement se matriektoekennings aangewys, wat verlede week by Taberna Dei Diamantstad in Kimberley gehou is.

Skoolhoof Mareth Hugo sê hulle is oorstelp oor die skool se fantastiese prestasie.

“Dit is die derde keer sedert 1998 wat ons dié prestasie behaal.

“Sowat 86% van ons leerlinge het universiteitstoelating verwerf. Die skool het ook die ontwykende 100%-slaagsyfer bereik.

“Vyf van ons leerlinge, wat ook etlike onderskeidings behaal het, is in die pro­vinsiale top 20-groep ingesluit.

“Dit is ’n ongelooflike prestasie wat bo verwagtinge en gebede was. Dit spreek van uitnemendheid.

“Die leerlinge het regtig hul uiterste bes binne hul vermoëns gegee. Niemand het verskonings gesoek of gevind nie.

“Hindernisse het niemand gekeer nie. Ons het alles gedoen om kinders te motiveer om die doelwitte te bereik, en ons het.

“Die personeel was bemoeid met die leerlinge se sukses. Hulle het die altesaam 141 leerlinge geliefd en gekoester laat voel en hulle met boodskappe van bemoediging deur die eksamen van ses weke gedra.

“Dit is ’n teelaarde vir prestasie en ’n grootse spanpoging.”

Volgens haar is geloof klein, maar genade groot.

“Ons het ’n oorheersende gevoel van dankbaarheid.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.