25 April 18:19
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Nuus
NK-topmatrikulant kry sewe

Die Hoërskool Noord-Kaap het vir ’n tweede agtereenvolgende jaar die provinsie se topmatrikulant opgelewer.

Emeleo Duister van die Hoërskool Noord-Kaap sê hy het in sy matriekjaar alle sport opgeoffer sodat hy meer tyd agter die boeke kon deurbring. Dit het ongetwyfeld vrugte afgewerp.

Hy het altesaam sewe onderskeidings in die nasionale seniorsertifikaat-eksamen behaal, is die provinsie se beste presteerder vir 2016 én het beter as enige ander Noord-Kaapse leerling in die vak ekonomie gevaar.

Emeleo meen al die ou vraestelle wat hy ter voorbereiding van die eksamen deurgewerk het, het die deurslag gegee. Hy wil ’n geoktrooieerde rekenmeester word en begin vanjaar BCom studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

Volgens hom het hy wetenskap, rekeningkunde, ekonomie en wiskunde die meeste van al sy matriekvakke geniet.

Emeleo is die seun van Dennis Duister, ’n wiskunde- en wetenskaponderwyser van Hartswater, en Suraya Duister, ’n stadsraad-sekretaris by die Phokwane-munisipaliteit in Hartswater.

Hy het gedurende sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Noord-Kaap aan Huis Nerina tuisgegaan waar hy die afgelope jaar op die huiskomitee gedien het. Emeleo het vroeër vanjaar ’n eerste plek in die Minquiz-wetenskapkompetisie behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.