28 Junie 19:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Nuus
Omstrede Wanya Tsotsi sluit al sy takke

Wanya Tsotsi, die bekende en omstrede misdaadbekampingsorganisasie in Kimberley, het dié week alle bedrywighede gestaak.

Dit volg nadat lede van die buurtwag na bewering deur lede van die polisie geteister en klagte teen hulle glo gefabriseer is.

Pantsi Obusitse, voorsitter, het Donderdag (05/01) op ’n vergadering by die Kagisho-polisiekantoor in Galeshewe gesê dat hul takke in Galeshewe, Ritchie, Leratopark, Jacobsdal en Roodepan nou gesluit is.

Obusitse beweer 21 lede is sedert Augustus verlede jaar deur die polisie in hegtenis geneem.

Obusitse het na sewe spesifieke sake verwys waar klagte teen lede na bewering gefabriseer is en gevra dat die polisie die egtheid van die klagte ondersoek.

Lede van die organisasie het in die afgelope twee jaar honderde messe, okapi-messe, skêre, skaapskêre en ander gevaarlike wapens aan die polisie oorhandig wat van vermeende misdadigers afgeneem is.

Daar was ook verskeie klagte oor Tsotsi se beweerde hardhandige behandeling van vermeende misdadigers.

“Ons is nie bo die wet verhewe nie. Sommige klagte is egter deur die polisie uitgedink om ons lewe te vergal,” het hy beweer.

“Hoe kan ons van ontvoering aangekla word wanneer ons die vermeende misdadiger aankeer en na ’n polisiekantoor bring?”

Volgens hom is daar baie polisielede wat hulle steun.

“Ons het baie by hulle geleer oor die wette en regulasies. Ons werk sonder wapens en koeëlvaste baadjies en moet soms geweld gebruik om gewapende vermeende misdadigers onder beheer te bring.

“Tog is daar polisielede wat jaloers is op ons sukses. Ons goeie werk laat die polisie onbeholpe lyk.

“Pauline Williams, LUR van vervoer en veiligheidskakeling, het die polisie juis uitgedaag om ook soveel gevaarlike wapens by vermeende misdadigers af te neem soos ons.”

Volgens hom sal lede nie meer in die naam van Wanya Tsotsi optree wanneer mense in die gemeenskap om hulp vra nie.

“Dit breek my hart as ek dink dat misdaadslagoffers wat hulle na die polisie wend, nou nie gehelp sal kan word nie. Ons het oortreders aangekeer en gesteelde eiendom teruggevind.”

Die organisasie het Donderdag nog wapens by die Kagisho-polisiekantoor afgegee en ’n laaste keer met die polisie oor samewerking probeer onderhandel.

Obusitse het die gemeenskap gevra om die buurtwag te steun.

Hy het by navraag gesê dat Tsotsi slegs bereid is om weer hul bedrywighede voort te sit indien die polisie die egtheid van klagte wat teen lede van Tsotsi gelê is, deeglik ondersoek en indien verteenwoordigers van die polisie voortaan die buurtwag op patrollies vergesel.

Kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie is ingevolge sy grondwetlike plig gebonde om misdaad te bekamp.

“Ons is verplig om enige misdadige bedrywighede te ondersoek. Dit maak nie saak wie die vermeende oortreder is nie.”

Die polisie moedig mense en organisasies aan om inligting te gee wat misdaad voorkom.

“Misdaad raak nie net individue nie, maar die hele gemeenskap. Gemeenskapstrukture moet ons bystaan om misdaad te beveg.

“Ons moedig mense aan om by die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), waarvan die polisie deel is, aan te sluit.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.