22 Februarie 23:56
Kaapstad Verander Area

Donderdag

26°C / 18°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Saterdag

20°C / 17°C

Wind 48km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Sondag

23°C / 15°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 48%

Maandag

25°C / 16°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Dinsdag

23°C / 18°C

Wind 32km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Nuus
Speke is sy spil

“Ek weet nie eens hoeveel keer ek Griekwaland-Wes-kleure vir fietsry gekry het nie,” sê Arthur Els, lewenslange inwoner van Kimberley.

Op 72 jaar is hy steeds op sy fiets aan die rondrits.

“Daardie tyd was Keuromed die Kimberley Kraaminrigting,” vertel Arthur, om te verduidelik hoe lank hy reeds fietsry.

Die enigste tyd dat hy lank uit Kimberley was, was die nege maande wat hy in Bloemfontein diensplig gedoen het.

Oorspronklik het hy met baan- en padfietswedrenne begin, maar later van tyd sy baanfiets vir ’n bergfiets verruil.

“Fietsry hou ’n mens fiks en soepel,” sê Arthur.

“Fietsry is vir my baie minder straf op my ledemate as draf, maar dan moet jy nie val nie,” sê hy en gee ’n laggie.

Oor die era van fietsry in Suid-Afrika en hoe dinge verander het, kan Arthur heerlik gesels.

“Kimberley het in 1966 die Suid-Afrikaanse baankampioenskap aangebied,” vertel hy.

“Daarna het ons in 1997 en in 2000 die Suid-Afrikaanse padkampioenskap aangebied.”

In die kampioenskap in 1997 het Arthur ’n bronsmedalje in die ouderdomskategorie vir 50 tot 55 jaar verower.

“Die wind was daardie dag verskriklik sterk,” onthou hy.

Hoewel hy hier en daar ledemate gebreek het, het dit hom nie afgeskrik nie.

“Ek kon een jaar nie aan ’n groot kampioenskap deelneem nie omdat ek my sleutelbeen gebreek het.

“Toe tree ek as ’n beampte op.”

Die ergste besering wat hy opgedoen het, was ongeveer sewe jaar gelede toe hy op rotse geval het.

“Ek het met daardie val sewe ribbetjies gebreek en vog op my longe gekry.

“Dit was verskriklik seer. Die dokter het my aangeraai om vir sewe weke nie te oefen nie.

“Die oomblik toe die sewe weke verby was, het ek, sonder om te oefen, aan die eerste wedren wat oor my pad gekom het deelgeneem,” bieg hy.

Oorspronklik was Arthur by die tweede oudste fietsryklub in die land – die De Beers-fietsryklub – betrokke.

“In die 1960’s en 1970’s het De Beers en Griekwaland-Wes ­onderskeidelik elke fietsryer met R2,50 vir fietswedrenne geborg,” vertel hy.

“Dan het ons die geld vir petrolgeld bymekaargesit en in groepe van vier met een persoon se voertuig gery om geld te spaar.

“Dit kos ’n hele paar rand om aan fietswedrenne oor die hele land heen deel te neem.”

Ongeag dat Arthur sy hele lewe nog met asma sukkel, laat hy hom nie daardeur van stryk bring nie.

“Ek dra een van my asmapompies by my wanneer ek fietsry.”

Die goeie vriende wat Arthur deur deelname aan hierdie sportsoort gemaak het, sal hy vir niks in die wêreld verruil nie.

Wanneer hulle aan groot wedrenne deelneem, kom die manne steeds ná ’n halfeeu se vriendskap bymekaar om te kuier.

Nadat Arthur ’n paar jaar gelede op 31 Julie by Transnet afgetree het, het hy die volgende dag by ’n ander werkgewer begin werk.

“Ek moet besig bly,” vertel hy. “Ek help oral waar ek kan.”

Word Arthur gepols oor wanneer hy sy fiets permanent gaan bêre, lag hy net.

“Ek gaan ry totdat ek nie meer kan opklim nie of totdat ek opklim en aan die ander kant afval.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.