27 Maart 00:48
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

23°C / 15°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

19°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Nuus
Twee lede van polisie sterf ná skietery

Huldeblyke stroom steeds in vir die twee polisie­beamptes wat Woensdag (08/03) dood is nadat hulle in ’n skietery in Kimberley se middestad betrokke was.

Ao. Duncan Vertue (46), ’n speurder van die polisie se gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en seksuele oortredings­eenheid (GKS-eenheid), is op die toneel dood­geskiet.

Sers. Gregory Vis (36) van die polisie se taktiese reaksiespan (TRS) het later aan sy beserings beswyk.

’n Derde beampte, sers. Oarabile Boyise, is in die skietvoorval beseer en is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Die skieter, Xolani Feni (40), ’n oud-polisieman, is ook op die toneel doodgeskiet.

Volgens kol. Mohale Ramatseba, ’n polisiewoordvoerder, het die polisiebeamptes Feni agternagesit nadat Feni na sy vrou se werkplek by die provinsiale polisiekantoor gegaan het om met haar te baklei.

Sy vrou het glo vroeër ’n beskermingsbevel teen hom verkry weens hul huweliksprobleme.

Die skietery het Woensdagmiddag by die kruising van Bultfonteinweg- en Longstraat ten aanskoue van die publiek gebeur.

Lt.genl. Rismati Shivuri, Noord-Kaapse polisiekommissaris, bestempel sy lede as helde.

“Ek is dankbaar teenoor ons lede wat daagliks opstaan om die gemeenskap te dien, al weet ons dit kan ons laaste dag wees.”

Hy het verlede week gesê dat die polisielede ’n staatsbegrafnis sal kry.

Pauline Williams, Noord-Kaapse LUR van vervoer en veiligheidskakeling, het die dramatiese gebeure vanuit haar kantoor gadegeslaan en oor haar eie skok getuig.

“Die Noord-Kaapse polisie is geruk. Dit moet baie moeilik wees om kollegas se dood te ondersoek.”

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiehoof, het in ’n verklaring gesê ’n aanval op polisielede is ’n aanval op die staat.

Meer as 200 polisielede het Donderdag (09/03) ’n spesiale gedenkdiens vir die oorlede polisielede by die Kimberley-polisiekantoor bygewoon.

Boodskappe het op Facebook ook ingestroom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Klik Hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.