Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Nuus
Uitslae goed, kan steeds beter

Die beduidende verbetering in die Noord-Kaap se matriekslaagsyfer is goeie nuus om die jaar mee te begin. Tog is daar steeds baie ruimte vir verbetering.

Vreugdevure brand hoog nadat 2016 se matrikulante daarin geslaag het om die slaagsyfer na 78,8% te verhoog. Die verbetering van 9,3 persentasiepunte – sedert 2015 se teleurstellende 69,4% – is die beste van al die provinsies.

Die provinsie het inderdaad ’n ver pad gestap en daar is baie om oor bly te wees. Tog was daar in 2016 baie ander provinsies wat hierdie slaagsyfer oortref het. Wanneer ’n mens in konteks gaan kyk na die landwye uitslae wat verlede week deur die departement van onderwys uitgereik is, het ons buurprovinsie, die Vrystaat, koning gekraai met ’n slaagsyfer van 88,2%. Die provinsie is gevolg deur die Wes-Kaap, Gauteng en Noordwes. Op hierdie ranglys lê die Noord-Kaap maar in ’n middelmatige vyfde plek en kon die provinsie slegs daarin slaag om Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Oos-Kaap uit te stof.

Tog verdien die Noord-Kaap se onderwysdepartement ’n klop op die skouer vir die ingrypingsplanne wat hulle deurgevoer het om die uitslae te verbeter ná 2015 se treurige vertoning. Dit is hopelik ’n aanduiding dat ons weer op die regte pad is.

Die Noord-Kaapse LUR vir onderwys, Martha Bartlett, het verlede week op ’n nuuskonferensie gesê die verbetering in uitslae was ’n spanpoging. Laat ons almal – die departement, leerlinge, onderwysers, ouers en gemeenskap – dus hande vat en toesien dat 2017 se matriekuitslae ’n verbetering op 2016 se uitslae is. Vir 2017 se matrikulante is daar geen beter tyd om voor te berei vir die nasionale seniorsertifikaat-eksamen as nou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Noordkaap Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.